Die polisie het reageer op ʼn video wat op sosiale media die ronde doen en die beweerde misbruik van ʼn polisievoertuig toon.
Daar word beweer dat ʼn polisievoertuig van die Mariannhill-polisie in KwaZulu-Natal glo vir privaat gebruik ingespan is. Die video wys hoe ʼn polisievangwa rondry met die agterdeur wat oophang en boumateriaal vervoer. Die boumateriaal steek ver by die bakkie se deur uit.
Op die video kan ook gesien word hoe die bakkie ʼn stopteken verontagsaam sonder om spoed te verminder of stil te hou. Die bakkie se linkerflikkerlig bly aangeskakel nadat die bakkie gedraai het.
Die polisie het Woensdag in ʼn amptelike verklaring verduidelik dat die saak onmiddellik deur die Mariannhill-stasiebevelvoerder ondersoek is ná die aantygings aan die lig gekom het.
Volgens die stasiebevelvoerder het polisiebeamptes van Mariannhill Saterdag 30 Junie gesteelde goedere in hul omgewing gaan oplaai – dit het boumateriaal ingesluit.
“ʼn Saak van diefstal is by die Chatsworth-polisiestasie aanhangig gemaak, maar die gesteelde goedere is in Mariannhill teruggevind. Die bewysstukke is positief geïdentifiseer deur die wettige eienaar en die polisie het daarop beslag gelê vir veilige bewaring voor dit aan die klaer oorhandig is.”
Die waarnemende provinsiale kommissaris het die polisiëringsgebied se kommissaris opdrag gegee om dieper te delf in die kwessie om te verseker dat geen ongerymdhede plaasgevind het nie.
Sosialemediagebruikers het uitgevaar teen die video, een het op Facebook gesê: “Ja, as jy wonder hoekom daar geen polisiewaens beskikbaar is nie – dít is die rede.”
Kyk die video hier:
Dan ry ons albei maar oor ñ stop ook met kinders in die straat!Kla die een aan wat bestuur en videos neem ook aan!
Baie voertuie het deesdae GoPro of Dash kamaras in juis vir sulke gevalle as bewyse.
Dit is niks snaaks nie. En soos gewoonlik, het hulle ‘n antwoord vir alles.
Seker ń speurder met privaat klere wat agterin vervoer word. Wonder of hulle dink ons is stupid.
Ek stem saam met j
Met ‘n kortbroek en plakkies!
Bahaha, en nou gaan daar eweskielik ‘n ‘back-dated’ dossier van die ‘diefstal’klag opgediep word. Flink dinkertjies.
Wow n vinnige en goeie verskoning. Hier word kruideniers ware en mense opgelaai seker ook bewys stukke en die by KFC met vangwaens en staats voertuie ondersoek seker ook sake daar en vat die bewys stukke na die aanlag kantoor
Natuurlik het die saamryer die oomblik wat hulle gestop het vir hulle gese van die video nemer. Hahaha en toe bedink hulle die oulike lieg. Hier by ons word die vangwaens gebruik vir inkopies doen. Taxi na en van skole en algemene sondag uitstappies. Niks nuut nie. Sal nie help mens vat fotos of video nie
Ag janee in SA is daar niks fout daarmee nie . jy kan gaan kruideniers koop en jou girlfriends oplaai en entertain in ‘n amptelike motor . daar is geen waardes meer nie .. Ek kan maar net lag vir die flou verskonings wat altyd aangebied word as polisiemanne sit en SLAAP of die amptelike motor gebruik vir PRIVAATDOELEINDES .. altyd ‘n verskoning en altyd ‘n storie en dan uiteindelik word apartheid en rassisme weer blameer.
Daar is twee maniere van n saak ondersoek, of om dit behoorlik op gelos te kry of dit so so spoedig moontlik dood te skryf , my ondervinding is dat laas genoemde baie gewild . Tog mag hul verduideliking wel geldig wees . Die bekommernis is egter wat van al die verkeersoortredings wat geen aandag kry nie . Moontlik weet hulle nie dat almal die wet moet gehoorsaam nie .
Eish wat is julle probleem? Dit is mos ‘n voordeel van vir die government departement werk enige ding met wiele is daar om vir privaat gebruik te gebruik net nie vir werksdoeleindes nie. En hulle hoef ook nie te bekommer oor die pertolprys nie die belastingbetaler sponsor hulle mos. Hoekom het hulle nie een van daai klein trokkies gebruik waarmee hulle altyd gevangenes hof toe vervoer om die boumateriaal te vervoer nie – mos baie meer gepas. O ja nou onthou ek weer hoekom – want dit is nie regtig vir werksdoeleindes gebruik nie. Vertel Leuens as jy uitgevang word – al wat ons regering die mense goed leer doen het die afgelope 24 jaar.
En, die knaap bo-op die so called gekonfiskeerde boumateriaal is ‘n happy chappy…….
Absolute twak. Hierdie polisiemanne het gedink dat hulle op hul voete gedink het. Die publiek is nie mislei nie.
Ek is nou nie snaaks nie , maar die persoon agter in die wa lyk nie eers amper soos n lid op diens nie . Dit lyk eerder asof hy reg is om n stukkie te gaan bou , waar dit ookal mag wees .
Dit skend my menslikheid as die regring dink dat almal stupit is en gaan val vir hulle stories . SAPD – 1-2-3- Blok die SAPD . Shame .
Speurder met ‘n kort broek en oop deur want daar is nie lugreelaar agter nie , en hulle was bang hulle word gekaap dis hoekom hulle nie stop nie . Die bevelvoerder kan seker dat OPOD in sy SAP 13 kyk as hy die storie wil regverdig….
Ek neem aan die man in die wa was gearresteer vir diefstal van die boumateriaal? :)
Maroela, kan julle vir ons uit vind by wie on sulke dade kaan aan gee? Ek het al baie gesien polisie voertuie hulle ligste en serene gebruik om verby spits verkeer te kom, net om dit af te sit sodra hulle verby die ergste gekom het. Baie polisie beaanpted misbruik hulle mag om bevoordeling te kry veral as dit kom by verkeer.
Skerp Heid landie. ??????
Kom ons kla want dis mos al wat ons kan doen gin wonder die land is waar hy is nie.
Kom ons maak afleidings dis mos hoe dit werk, ek weet nie eens hoekom die SAPD reageer nie, hulle is klaar skuldig bevind.
As die SAPD jou area patrolleer vir 12 ure, mag hulle nie eens stop om iets te kry om te eet nie, wat nog te sê van eet.
Ek sê nie als is altyd reg nie maar om sulke ongevraagde kommentaar te lewer spreek van mense wat dieselfde doen by hul werksplekke.
ai mense dalk is dit mense wat net op roep is wat die voertuig gebruik, sou daar n call kom is voertuig by hom kan mos nie 24 uur by huis sit en wag. en ja om by KFC TE STOP NIE SONDE DIE BEAMPTES MOET MOS EET OOK.
Hulle is al so kurrup en skelm dat daar vir elke ding n rede is…..
Hier by ons ry hul taxi en laai veediewe op hul plekke af!!
Ai tog! Ek verwonder my altyd dat almal altyd bereid is om oor te negatiewe kommentaar te lewer, maar niemand sê dankie vir goeie diens. Ek sê dankie vir SAPS wat 2 van my Tazzies binne 12 ure (een na ‘n kaping met met dogter) nadat dit aangemeld is, teruggekry het. Ek sê dankie vir die personeel my plaaslike staatshospitaal wat altyd help as ek een van van kinders moet mediese sorg kry. Dankie vir die mense wat nog hulle werk met trots doen
Nou is ek alweer aan die wonder. Wat van al die ander foto’s wat op face book die rondtes gedoen het, waar al die mammas en pappas sit en slaap op kantoor en in die bakkies. En die wat lekker “pieknieks” hou in werkstyd? O ja, die klagtes word mos met ‘n uitveer geskryf. Ek is ook maar stadig van begrip party dae.
Nou mag hulle oor stoptekens ry en met ‘n oop deur sonder ‘n rooi lap aan die goedere wat uithang? Of bestaan die wet nie meer nie???
Pateties. Oop deur agter wat gevaar inhou. Goedere wat nie hoort in ‘n SAPD voertuig nie. En bo als: Persoon wat op die los goed lê – GLAD nie ‘n polisieman nie!!
Nee wat.
Diklizzy dit gaan oor DIE artikel. En dit is hulle werk om te doen wat jy se hulle vir jou doen – hulle word betaal daarvoor. Indien hulle meer doen as hulle werk – soos in dié geval gaan daar definitief kommentaar gelewer word. Feit is niks in die hele situasie is reg nie. Hoekom vir ons lieg omdat hulle ons intellegensie onderskat. Ons Suid-Afrikaners is net moeg vir leuens, korrupsie en misdaad!
ons kla te min daar om kry ons swak diens staat en privaat
kan maar se wat hulle wil daar word voertuie gebreuk vir privaat gebreuk deur sapd lede
daar is voertuie wat staan wand daar is nie genoeg mense om dit te beman nie
daar is baie voertuie wat by die huis staan van sapd lede
dit is alles waar as mense kla oor goed wat hulle sien dan kan daar moes gekyk word of dit waar is of nie waar is nie en dit is maklik wand elke van voertuig het n trekker in waar die stasie dit kan op volg dis mense kla meer as julle goed sien wat nie reg is nie
Ek het ook eendag gesien hoe n verkeersbeampte in die Hoofstraat afjaag. Heel toevallig was ek ook in daardie rigting oppad na die winkel en raai wat sien ek staan voor die viswinkel langsaan…die einste beampte wat vis en skyfies gaan koop het. Party dae wonder ek of die polisie, ens wel oppad is na n noodgeval of dalk hierdie voertuie onwettig gebruik. Dankie vir ons manne in uniform waarop ons nog kan staatmaak. Ek is baie trots op julle