Polisie slaan toe op stalletjie (met meer as net kos)

‘n Polisiebeampte deursoek die kosstalletjie. (Foto: SA Polisie)

Dit blyk dat Bloemfonteinse studente op pad klas toe nie nét ’n toebroodjie by die kosstalletjie in Groenewoudstraat, Universitas, kan koop nie.

’n 29-jarige verdagte is vandeesweek in hegtenis geneem op aanklag van dwelmhandel nadat die polisie in Parkweg inligting ontvang het oor dwelms wat vanuit die kosstalletjie in Groenewoudtstraat langs Studentehuis verkoop word.

Die polisie het Woensdag omstreeks 14:00 op die stalletjie toegeslaan en op onder meer agt groot toeritsplastieksakkies met dagga beslag gelê.

Daar is ook beslag gelê op 28 kleiner pakkies, 27 gerolde daggazolle, rezla-papier én kontant.

Die verdagte is op die plek in boeie geslaan en sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof sy eerste verskyning in die beskuldigdebank maak.

Van die dagga waarop die polisie beslag gelê het. (Foto: SA Polisie)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Ten minste ontvang hy nie ‘n toelae soos sy klante nie.

Manda ·

Stem 110% saam met jou. Die woord dwelm word sommer net rondgegooi vir enige ding deesdae.

Truman Burbank ·

Dagga is een van die walglikste van almal. En ek skeer die gebruikers oor dieselfde kam

Wiehan ·

Kan nou regtig nie verstaan nie, ek lees orals dat dagga nou wettig is, maar hy is in “boeie geslaan”, So, dagga is wettig en jy mag dit rook maar jy mag nie in besit wees daarvan nie. Regte Afrika logika.

Manie ·

Slegs ‘n sekere hoeveelheid vir eie gebruik in jou besit. Jy mag nie handel dryf daarin nie.

George ·

Dan is dit seker maar ook Kanadese logika, Burbados logika ens. Jy kan groei, kweek, besit en rook – in privaat. Dagga handel is nog nie wettig nie. Jy mag dagga op jou he, n joint, watokal, maar ek mag nie pre-roll en verkoop nie.

Chris ·

Ag Truman…..whatever dude……who cares! Ons almal hier rook dit!

Olive ·

Natuurlik is dit nie vars om dagga aan skoliere te verkoop nie? Pasop, hy verkoop dalk more aan julle kinders. Wys die idioot se gevreet, dit sal dan sommer ook baie meer sin maak. En ook die wat by hom koop, dan sal dit baie baie meer sin maak.

Juanita ·

Studente, nie skoliere nie. Hulle gaan in elk geval nou maar net by iemand anders koop.

Leon ·

Min Cele sal die midaad toneel besoek. Geweldige deurbraak in dwelm handel. Die lede wat die arrestasie uitgevoer het sal ook aanprysings ontvang.

Juanita ·

Volgens my kennis is dit teen die wet om iemand se gesig of naam te wys voor hul in ‘n hof gepleit het.

Leon ·

Min Cele sal die midaad toneel besoek. Geweldige deurbraak in dwelm handel. Die lede wat die arrestasie uirgevoer het sal ook aanprysings ontvang.

Aai ·

Die een wat langs die pad sit en sweets verkoop kan ook nie op daai paar rand lewe wat dink julle verkoop hulle ook?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.