Polisiebeampte glo deel van roofbende

(Foto: JMPD)

’n Polisiebeampte en nog ses verdagtes is die week in hegtenis geneem toe hulle glo onderweg was om ’n rooftog te pleeg.

Die sewe mans, tussen 26 en 45 jaar oud, is deur beamptes van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) in Fordsburg, Johannesburg, in hegtenis geneem en daar is op vuurwapens, ammunisie en polisie-items beslag gelê.

Volgens Xolani Fihla, JMPD-woordvoerder, is inligting ontvang oor ’n beplande rooftog in Fordsburg waartydens twee spesifieke voertuie gebruik sou word.

(Foto: JMPD)

“Beamptes is op strategiese punte ontplooi en kort daarna is ’n wit Volkswagen Golf 7 GTI en ’n maroen Volkswagen Polo opgemerk. Die Golf 7 GTI, sonder nommerplate, is voorgekeer en daar was drie insittendes. Daar is op ʼn 9 mm-pistool, ʼn SAPD-koeëlvaste baadjie en polisiepette beslag gelê. Dit is vasgestel dat die bestuurder ’n polisiebeampte is.”

Die Polo met vier insittendes is ook voorgekeer en van die pad gedwing. Daar is op twee ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê.

Fihla het gesê die bende terroriseer en beroof glo al geruime tyd die gemeenskappe van Fordsburg en Mayfair.

Die verdagtes, wat twee Zimbabwiërs insluit, sal aangekla word van sameswering om ’n misdaad te pleeg en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Harley Davidson ·

Wel hulle doen nie hulle werk nie so waarmee sal van hulle hulle besighou,hulle het immers al die gereedskap om kriminele te wees ,polisie uniform, wapens.

Elize ·

Wonderlike polisieman waarop ons so trots moet wees. Stuur hom Zimbabwe toe dat hy daar gaan probeer om met sy gemors weg te kom dat ons kan sien

Sarel ·

Die huidige klagtes dra mie veel gewig nie..
Borg: Polisiebeampte & Zimbabwiers…geen Borg maar nou ja..mens verwsg seker te veel..

Snowball ·

SAPS se status is seker nie nou meer ver van ‘n totale gedekolonialiseerde getransformeerde Afrika mishoop nie.

Louis ·

Ek glo as jy n polisiebeampte is, en jy word gevang waar jy so blatant deel van n roof bende is, moet jy lewenslank tronk toe gaan. Dis absoluut belaglik hoe die mense wat ons vertrou om ons land se wette toe te pas deel van die probleem is.

Danie ·

Nou wat wil n mens meer se of weet dit is eintlik ou nuus die polisie lede wat ons moet beskerm en dien? Hoe op aarde kan jy hulle enigsins vertrou daar is iets werklik fout in die bestuur van die polisie. Dalk meer aandag gee aan polisieering en minder aan korrupte aktiwiteite en politieke deelnames.

Harley Davidson ·

Ek stem nie saam Antie Sarie ek sal sê 90% hoort nie daar.

Keelvol ·

Dis omdat ons na “quantity” in plaas van “quality” kyk met indiensneming. Daar moet n passie wees vir polisie werk in n persoon wanneer hy/sy aanzoek doen. Maar vandag is dit mos “I’m here only for money .”

Hettie ·

Wat is nuus ? Dit sou nuus gewees het as daar nie een betrokke was nie!

Aanhouer ·

Gee nou asseblief die polisiebeampte dubbele tronkstraf.

Pierre ·

Heel moontlik sal daar nou bevordering vir hom wees tot minister van polisie

Andries ·

Klomp kriminele wat Cele aanstel sodat hy sy werk kan behou.

MPI ·

Hulle werk saam met die hijackers, JMPD en SAPD beamptes. Word R4000 tot R5000 betaal om voertuie te stop.

Marius ·

Ons wil nie weet van die arrestasies nie, ons wil weet van VONNISSE. Van arrestasies kom borg kom niks daarnaa nie

Heinrich ·

Dankie aan die polisiemag, dis goeie nuus. En ou Hoed, die meerderheid was nie buitelanders nie maar jou partylede.

Jacobus ·

As hulle die gemeenskap terroriseer kla hulle aan vir terrorisme.

sonneblommekie ·

Dit Klink omtrent 100 persent in die Kol !
Poliesman en buitelanders betrokke.

SKANDE..SIES

Wielspore ·

Goeie werk deur die eerbare lede van die Polisie, dit is te danke aan julle dat ons nog hoop het vir die toekoms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.