Polisiebeampte se vermeende moordenaar doodgeskiet

(Foto: SAPD)

‘n Verdagte wat gesoek is vir die moord op ‘n polisiebeampte is Dinsdag noodlottig gewond toe hy op ander polisiebeamptes losgebrand het.

Die ondersoek na die moord op die polisiekonstabel het beamptes Dinsdag na ‘n huis in Inanda, KwaZulu-Natal gelei. Die verdagte het op die beamptes losgebrand en ‘n skietgeveg het uitgebreek waartydens die verdagte noodlottig gewond is.

Die 40-jarige konst. Lindokuhle Gift Goba van die polisie se honde-eenheid in Durban is Saterdag in Quarryweg in Mayville deur twee verdagtes doodgeskiet en van sy dienspistool beroof.

Volgens kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, het voorlopige ondersoek na die voorval beamptes na ‘n hospitaal gelei waar die twee verdagtes vir skietwonde opgeneem is nadat hulle in ‘n skietgeveg met Goba betrokke was.

“Een van die verdagtes het by die hospitaal aan sy beserings beswyk terwyl die ander verdagte homself ontslaan en op die vlug geslaan het.” Verdere ondersoek het die polisie na die huis in Inanda gelei waar die voortvlugtige verdagte opgespoor is.

Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) ondersoek die dood van die verdagte.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Harley Davidson ·

Jy kan gaan navorsing doen dat ‘n skuldige aan n polisie moord bitter min die binnekant van ‘n sel sien ,en dit is nie noodwendig ‘n slegte ding nie.

Danie ·

Dis nou n maklike antwoord op n moord.Polisiemanne wat vermoor word moet n groot vraagteken kry.

Anel ·

Goeie werk. Net jammer dat plaasaanvalmoordenaars nie ook so vinnig of selfs net gewoon opgespoor word nie. Of gewone moordenaars op gewone burgers. Lyk my sekere mense is net meer gelyk as ander. Soos waar my bejaarde ouers onderskeidelik, 85 en 89 jaar oud, 2 jaar terug vandag, in hul huis deur 2 gewapende rowers oorval is en lelik aangerand is, baie mooi afdrukke en bewyse deur forensies gekry is, word die saak 2 weke later as “onopgespoor” af gesluit. So, ja, wat kan mens sê!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.