Polisiebeamptes vas oor vuurwapenlisensies

Argieffoto

Twee stasiebevelvoerders is Dinsdag in Gauteng in hegtenis geneem in verband met hul vermeende betrokkenheid by korrupsie en uitbuiting oor vuurwapenlisensie-aansoeke.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee brigadiers is in hegtenis geneem oor bedrog, dwarsboming van die gereg en oortreding van die Vuurwapenwet in verskeie dossiere in Edenvale, Kempton Park en Norwood in Gauteng. Die twee persone is in hegtenis geneem deur die Wes-Kaapse teenbende-eenheid wat deur die nasionale teenkorrupsie-eenheid bygestaan is.

“Die inhegtenisneming van die twee brigadiers bring die getal op 28 te staan van persone wat reeds in verband met dié sake aangekeer is. Ses-en-twintig persone is vroeër vanjaar in hegtenis geneem. Van die 28 verdagtes is 17 polisiebeamptes waarvan twee afgetree is. Elf is siviele persone,” het Naidoo bygevoeg.

Die ondersoek het drie jaar gelede begin toe dit aan die lig gekom het dat sekuriteitsmaatskappye in November 2017 betrokke was by uitbuiting in die Wes-Kaap wat betref vuurwapenlisensie-aansoeke in Gauteng. “Daar is in Januarie 2018 bevind dat verskeie ander persone, familie en vriende in Kaapstad, vermoedelik op ʼn bedrieglike wyse, hul bevoegdheid en lisensies bekom het om vuurwapens te besit asook tydelike magtiging om ʼn vuurwapen te besit. Die ondersoek het onthul die persone het hul aansoeke in Gauteng, en spesifiek Edenvale, Norwood en Kempton Park ingedien.

“Inligting is ontvang dat die aansoekers daarna na ʼn vuurwapenwinkel in Kempton Park sou gaan waar hulle ʼn bevoegdheidstoets afgelê het om aansoek te doen om bevoegdheid om ʼn vuurwapen en ammunisie te besit.”

Genl. Khehla John Sitole, die nasionale polisiekommissaris, het die span se toewyding geloof. “Ons is sistematies besig om korrupsie en korrupte lede in die polisie uit te roei,” het Sitole gesê.

Die twee brigadiers sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Kempton Park verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel ·

Wzt van die Polisuestasies wst aansoekers vrrplig om teen groot koste van ” Legal Arms: gdbruik te maak

Hennie J ·

Sommer twee brigadiers op n slag? Kom ons raai: nie een van die twee is beroepspolisiemanne nie en het nie deur die ranks gegaan nie. kaders wat in senior range aangestel is.
Nietemin, meneer hoedman, wat se jy nou?

Anoniem ·

Ek dinbk die Valke moet die hele Polisiemag ondersoek mvir korrupsie en bedrog!!!!

Cecilia ·

En so ploeter dit aan. Vir jare nog gaan d saak “ondesoek” word en intussen sit hulle lekker tuis en verdien salarisse

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.