Polisielid ‘onder die invloed’ in amptelike voertuig

(Foto: SA Polisie)

ʼn Beampte van die Alexandra-polisiestasie in Gauteng is onder die invloed van alkohol aangetref in ʼn amptelike voertuig. Hy is Sondag in Limpopo in die motor betrap.

Kol. Dimakatso Sello, woordvoerder van die polisie, sê ʼn voorlopige ondersoek wys die beampte het boonop sonder magtiging met die motor na ʼn ander provinsie gery. “Die 36-jarige sersant is by Masemola in Limpopo in hegtenis geneem. Hy staan tereg op aanklag van die gebruik van ʼn voertuig sonder die eienaar se toestemming. ʼn Departementele saak is ook teen hom aanhangig gemaak vir verdere ondersoek.”

Sello sê nie een lid van die polisiediens mag staatshulpbronne misbruik nie. “Lede van die publiek word aangemoedig om enige misbruik van staatshulpbronne of wangedrag van polisiebeamptes by enige polisiestasie aan te meld of by Gauteng se klagtedienssentrum deur 082 442 2000 te skakel. Kontak die nasionale klagtedienssentrum by 0800 333 177.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Di ·

Meeste van hulle is kriminele, dis hoekom dit so gaan in ons land, CHAOS orals en hoed bekommer hom oor die drinkery van tieners in taverns!

Kensy ·

MEESTE van hulle? het jy n one on one studie gedoen.
die media berig nie oor Goeie SAPS lede nie.
Moenie veralgemeen nie

Hasie ·

Al verskeie kere is die misbruik van staatsvoertuie aangemeld ,maar geen gevolge nie. .. Dis ‘n leka ou Jan ….

Nie Verbaas ·

As mens in ag neem hoe hulle minister homself gedra voor die pers is dit glad nie n verrassing nie. Intellek ontbreek van bo tot onder.

Alma ·

Hulle sal hom seker vir n paar jaar op betaalde verlof sit sodat die saak ondersoek kan word.

SjN ·

Werkstres het hom geforseer om lekker te dryf na n onbekende bestemming.

Nico ·

Hierdie beamte sal geskors word met volle salaris, dit is te lekker, ontslaan hom geheel en al uit die polisie mag.

Yvonne ·

Die konsep tussen reg en vekeerd ontwyk hulle nog die heeltyd….tragies

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.