Polisieman in hof oor veediefstal

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Maroela Media)

ʼn Polisiebeampte van Bloemhof in Noordwes het Woensdag saam met sy vermeende medepligtige in die landdroshof op dié dorp verskyn nadat hulle vroeër met vermoedelik gesteelde vee in hul besit betrap is.

Ao. Onkokame Shoboro (46) en Motseothata Ndlovu (25) is vandeesweek in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het dat hulle besig was om ʼn klompie vee te vervoer.

Met hul inhegtenisneming het die polisie nege bonsmara-kalfies ter waarde van R80 000 in hul besit gevind. Die kalfies was op ʼn sleepwa gelaai en met ʼn Ford Ranger-dubbelkajuitbakkie vervoer.

Die saak is aan die provinsiale teenkorrupsie-ondersoekeenheid vir verdere ondersoek oorhandig. Die verdagtes is ná afloop van dié ondersoek aangekla.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê die verdagtes sal in aanhouding bly totdat hulle weer op 15 Mei in die hof verskyn. Hulle sal dan formeel om borgtog aansoek doen.

Die kalfies se regmatige eienaar is intussen opgespoor en die polisie het beslag op die voertuig en sleepwa gelê.

Shoboro is aan die Bloemhof-polisie se eenheid vir sigbare polisiëring verbonde.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris, sê daar is geen versagting vir werknemers wat by misdaad betrokke is nie. Dieselfde strafmaatreëls geld ook vir hulle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Papsak ·

N pragtige voorbeeld van hoe polisie beamtes operate en dit so voor die verkiesing ne pateties regtig skande om hulle polisiebeamtes te noem maar nouja ?????

tweeling ·

Daar is lankal sterk vermoede dat die polisie betrokke is by vee diefstal in Noordwes. Maak ‘n voorbeeld van hom en bêre hom lank weg – ek droom seker

Aggie ·

So kom die skandes van Cele se polisie uit. Ons eens wonderlike land het ‘n hool van bedrog en verval geword. Eer aan dié manne in uniform wat nog probeer om te midde van hul skelm makkers, wet en orde te probeer handhaaf.

SjN ·

Hier in Noordwes is van hulle ook die grootste poachers van wild.

Danie ·

Dis maar net die punt van n ysberg daar baie grootkoppe betrokke.Hulle beskerm mekaar.Elke dorp het sy sindikaat en hulle werk almal saam.

Di ·

RED ‘N NASIE met hierdie spul wat ons moet beskerm! SA Polisiemag is ‘n MAFIA groep wat uit meerderheid kriminele bestaan so ook hulle Minister

Amelia ·

Laat mens net weer dink aan mnr Horn wat so aaklig vermoor is wonder maar net wie betrokke was

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.