ʼn 36-jarige polisiekonstabel van die Mount Road-speureenheid in die Oos-Kaap is Woensdagmiddag doodgeskiet.
Brig. Vish Naidoo, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê die konstabel was van St Albans- korrektiewe sentrum op pad na die Mount Road-polisiestasie toe hy opgemerk het ʼn silwerkleurige motor met twee insittendes agtervolg hom. “Hy het bystand ontbied op sy tweerigtingradio en beamptes laat weet waar hy homself bevind,” het Naidoo verduidelik.
Lede van Kabega-polisie het reageer op die boodskap en toe hulle by die toneel aankom, het die konstabel ongeveer twee meter van sy amptelike voertuig gelê. “Hy het ʼn skietwond in sy kop gehad. Hy het steeds sy dienspistool by hom gehad.”
Die nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla Sitole, het die voortgesette aanvalle en moord op polisiebeamptes veroordeel. Hy het sy meegevoel uitgespreek met die familie, vriende en kollegas van die konstabel. ʼn Multidissiplinêre span is aangestel om die saak te ondersoek.
Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om hul naaste polisiestasie te kontak of skakel die SAPD by 08600 10111. “Persone kan anoniem bly en alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.”
En nou sal ons nooit weet watse omstredigheid hier plaasgevind het nie.
Hoekom wil jy weet ?
So onnodig en hou hier dop, dit gaan beslis uitkom dat dit ‘n Polisiebeampte was wat sy werk gedoen het. Hy is beslis stil gemaak, kyk maar na moordsake in die gebied, dit sal die rede wees. Kan nie wag tot die beampte se naam bekend gemaak word nie, dit sal aandui wie betrokke by sy dood was. Koelbloedig ….
Glo nie hy is/was veronderstel om alleen te ry nie.