Polisiemoordenaar dood ná skietgeveg 

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto: SAPD)

ʼn Man wat daarvan verdink word dat hy ʼn polisiebeampte wat van diens af was, doodgeskiet het, is in ʼn skietgeveg met die polisie dood.

Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, het gesê die ondersoek na die moord op die polisiebeampte het beamptes Maandagmiddag na Clermont by Durban in KwaZulu-Natal gelei.

“Toe polisiebeamptes die verdagte se woning genader het, is daar op hulle losgebrand. Die beamptes het teruggeskiet en die verdagte, wat in sy 30’s was, het noodlottige beserings opgedoen. Twee vuurwapens is in die verdagte se besit gevind.”

Die oorlede polisiebeampte en ʼn kollega was albei van diens af toe hulle Sondag in die vroeë oggendure ʼn private woning in Claremont wou besoek.

Hulle is in hul voertuig oorval en die polisiebeampte wat agter die stuur was, ʼn 34-jarige konstabel verbonde aan die polisie in Durban-Sentraal, is doodgeskiet voor hy van sy dienspistool beroof is. Sy kollega, ʼn 35-jarige beampte verbonde aan die KwaDabeka-polisie, is ongedeerd gelaat, maar ook van sy vuurwapen beroof.

Die twee verdagtes het ook met ʼn beursie en ʼn selfoon van die toneel gevlug.

Volgens Naicker word daar na nog ʼn verdagte gesoek. Daar word ook ondersoek ingestel of die oorledene met ander moorde, rooftogte en motorkapings verbind kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Michael ·

As jy n polisie beampte doodmaak moet jy weet jy gaan die doodstraf ontvang ,dit is werelwyd die geval.

trotsNAMSA ·

Uitstekend, vat aan die uniform en jy is weg teen geen koste vir die landsburgers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.