Die Menseregtekommissie voer in ʼn saak tans voor die appèlhof aan dat sy aanbevelings bindend is en dieselfde regswerking het as ʼn hofuitspraak.
Lees meerAlles vir Dinsdag 12 Maart 2024
Mediese nalatigheid: Miljarde aan eise uitbetaal
Altesaam 3 522 eise weens mediese nalatigheid is sedert 2020 teen die departement ingestel.
Eerste minister van Haïti bedank
“Die regering wat ek lei kan nie onsensitief wees teenoor hierdie situasie nie.”
AKA-moord: Eswatini wag nog op SA se uitleweringsaansoek
Die owerhede in Eswatini wag steeds op ʼn aansoek om uitlewering van hul Suid-Afrikaanse eweknieë.
NV keur wysigingswetsontwerp op Verkiesingsake goed
Die wysigingswet is Dinsdag deur ʼn opposisieparty beskryf as ʼn desperate poging van ʼn desperate party om vir oulaas sy hand in die land se geldkoffer te druk.
Oekraïense leeus in SA reservaat vrygelaat
Die drie jarige Tsar en Jamil is uit die oorlog in Oekraïne gered en het Maandag in Suid-Afrika aangekom.
‘Jy dink jy is kaas’ en ander uitdrukkings
As dikmelk kaas geword het, vir spek en boontjies en iemand in sy eie sop laat kook … Taaltoffie ondersoek ʼn paar uitdrukkings waarin kos voorkom.
Dié neigings tref by Parys- en Milaan-modeweek
Moenie verbaas wees om veral in die komende koeler maande van dié tendense op jou winkelrakke te sien nie.
ToekomsVenster: Gemaak met ’n besonderse doel
Die woordjie “uitverkies” word somtyds met baie emosie gelaai. Sou dit beteken dat God sommige gekies en ander dus verwerp het?
Msimanga wil Gauteng weer op koers kry
Die DA sê sy reddingsplan is net wat die provinsie en sy inwoners nodig het om weer op koers te kom.
Groblersdal-twee: Appèlaansoek om borgtog ingedien
Die pa en stiefseun van Groblersdal wat van aanranding op ʼn werker beskuldig word, het die week ʼn aansoek gebring om appèl aan te teken teen die weiering van hul borgtog verlede maand.
Fred gee Ollie ʼn klop op die skouer
“Oliver kon selfs sy man teen Lando Norris en Lewis Hamilton in die pylvak van die wedren staan. In die geheel is ek baie tevrede met sy vertoning.”
Pa verkrag glo dogter se vriendin
Die man is verlede Vrydag in hegtenis geneem nadat ʼn nie-winsgewende organisasie ingegryp het.
Vrou se moord ruk inwoners van Langebaan
Die munisipale bestuurder van Saldanhabaai het aan Maroela Media gesê dat hierdie soort voorvalle ongewoon vir die Weskus-gemeenskap is.
Eskom spring van fase 2 na 3
Die skielike verandering van beurtkragfase is nodig nadat drie opwekkingseenhede die gees gegee het.
Amptenaar afgedank oor uitgelekte kandidaatlyste
Die amptenaar het glo ʼn “aansienlike aantal partye” se kandidaatlyste, waarop kandidate se name en identiteitsnommers verskyn, afgelaai.
Bokke staan nie stil onder Rassie se toesig
“Soos wat ek in die aanloop tot verlede jaar se Wêreldbeker-toernooi gesê het; daar is gʼn manier dat ons suksesvol sal wees as ons knaend dinge op dieselfde manier aanpak nie.”
Green Day, The Offspring maak gereed vir konserte in SA
Hulle sal saam met Fokofpolisiekar op die verhoog te sien wees.
Kinders sterf ná hulle skilpadvleis eet
Die vleis word as ʼn lekkerny in Zanzibar beskou. Dit bevat egter ʼn toksiese middel wat van tyd tot tyd sterftes kan veroorsaak.
Wees op jou hoede vir werksoekslenters
Hou die goue reël in gedagte: as iets té goed is om waar te wees, is dit waarskynlik die geval.