Green Day, The Offspring maak gereed vir konserte in SA

Green Day. (Foto: Facebook/Green Day)

Suid-Afrikaanse aanhangers van punk rockmusiek kan solank hulle kredietkaarte byderhand hou om kaartjies te koop vir twee Suid-Afrikaanse konserte deur die ikoniese rockgroepe Green Day en The Offspring.

Green Day en The Offspring sal in Januarie volgende jaar saam met die Suid-Afrikaanse rockgroep Fokofpolisiekar te sien wees in onderskeidelik die FNB-stadion in Johannesburg en die DHL-stadion in Kaapstad as deel van die Calabash-musiekfees.

Dié fees het vroeër vanjaar vir die eerste keer in Suid-Afrika plaasgevind, met Maroon 5, Keane en Ava Max wat deel was van die kunstenaarslys.

Die Amerikaanse groep Green Day, wat in 1986 tot stand gekom het en sedertdien met vier Grammys bekroon is, is bekend vir liedjies soos “American Idiot”, “Holiday” en “Basket Case”. Dit is die eerste keer dat hulle in Suid-Afrika optree.

Fokofpolisiekar. (Foto: Michael Ellis)

The Offspring is ook ʼn Amerikaanse groep en is bekend vir liedjies soos “The Kids Aren’t Alright”, “Self Esteem” en “Pretty Fly (For a White Guy)”. Smash, die groep se trefferalbum, is in 1994 uitgereik.

Kaartjies sal van Vrydag 15 Maart om 09:00 by Ticketmaster beskikbaar wees. Discovery Bank-klante kan egter reeds op Woensdag 13 Maart om 09:00 kaartjies begin aanskaf. Die pryse van die kaartjies is nog nie bekend nie.

Die Calabash-musiekfees word aangebied in samewerking met Big Concerts, KFM en 94.7. Die Calabash-musiekfees vind op Sondag 19 Januarie 2025 by die FNB-stadion plaas, en op Donderdag 23 Januarie 2025 by die DHL-stadion.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

miraclealigner ·

Uiteindelik – ordentlike musiek van ordentlike kunstenaars!! Net jammer die kaartjies sal so duur wees.

George ·

Yeeeeeah!!! Dit sal wissel tussen R545 – R6000. Wat baie billik is.

Kirst ·

Daar gaan blykbaar ‘n tweede aand ook wees met ander kunstenaars.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.