Vrou se moord ruk inwoners van Langebaan

Estelle Eksteen (61)
(Foto: Facebook)

Die gemeenskap van Langebaan aan die Weskus is geskok nadat ʼn 61-jarige vrou Sondag in haar huis doodgesteek is.

Ao. Joseph Swartbooi het aan Maroela Media gesê die polisie is Sondag omstreeks 11:15 na die toneel in Sunbird-rylaan ontbied. Dié straat is in Myburghpark geleë, ʼn besonder veilige gebied in Langebaan.

Swartbooi het bevestig dat die vrou talle steekwonde gehad het en dat paramedici die vrou op die toneel dood verklaar het.

“Die verdagtes het van die toneel gevlug en moet nog in hegtenis geneem word,” het Swartbooi gesê.

Die polisie het nie die identiteit van die vrou bekend gemaak nie, maar Heinrich Mettler, munisipale bestuurder, het haar as Estelle Eksteen geïdentifiseer.

Volgens Swartbooi is die motief vir die aanval deel van die polisie se ondersoek.

Sunbird-rylaan in Langebaan, waar die voorval gebeur het (Foto: West Coast Medical Rescue/Facebook)

Die voorval het gebeur skaars 22 km van waar Joslin Smith enkele weke vermis geraak het. Joslin se ma het die afgelope week in die Vredenburg-landdroshof verskyn op aanklag van mensehandel en ontvoering.

Mettler het aan Maroela Media gesê dat hierdie soort voorvalle ongewoon vir die Weskus-gemeenskap is.

Veiligheidskameras regoor sewe Weskus-dorpe is reeds aangebring om misdaad in die omgewing te voorkom en te bekamp. Hierdie dorpe is Hopefield, Vredenburg, Paternoster, Saldanhabaai, Jacobsbaai, St. Helenabaai en Langebaan.

“Hierdie moord het in ʼn besonder veilige omgewing gebeur, waar eienaars self ekstra veiligheidsmaatreëls tref. Ons sal weer moet besin oor prioriteitsareas waar veiligheid opgeskerp moet word,” sê Mettler.

“Tans ervaar ons ʼn ongewone uitdaging in ons gemeenskap, maar dit is wonderlik om te sien hoe die gemeenskap saamstaan en saam mekaar se leed dra”, sê Mettler.

Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met inligting oor die moord om die StopMisdaad-nommer by 08600 10111 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Ronél ·

Ai weereens so onnodig………….die vyand sypel in van ander provinsies.

JohanR ·

En nou as die ou gevang word is dit free board and lodging. Waar is Clint Eastwood met sy boom en tou en siedaar jy het betaal vir jou daad!

Papsak ·

Hulle moor ons darem vreeslik uit kyk nou hoe onnodig is haar lewe geneem vat wat hulle wil he maar los net ons lewens uit ons moor hulle nie so uit nie bring terug die tou laat hulle boet vir hulle dade

Delia ·

Ronel, die vyand sypel nie in van ander provinsies. Hulle sypel in van ander lande en is oor die hele wêreld.

Duck ·

Daar moet ‘n motief wees vir die moord, iemand wat in haar huis gewerk het/ tuin gewerk het. Gewoontlik die geval
So sad

Lukas ·

Die mak hond byt die seerste! Bid vir haar geliefdes wat sy agter laat en deur al die trauma moet werk.

Christine ·

Die skuldiges moet nog inhegtenis geneem word
So die polisie weet wie hulle is maar het nog nie tyd gehad om hulle in hegtenis te neem nie???

melaney ·

Daar is kameras oral, alarmstelsels volop, sekuriteit maatskappye word maandeliks betaal, maar die skelm se mooi glimlag sorg dat die huis se sleutels in sy/haar sak beland.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.