Eerste minister van Haïti bedank

Argieffoto van Ariel Henry. (Foto: SIMON MAINA / AFP)

Ariel Henry, Haïti se eerste minister, het ingestem om te bedank ná toenemende druk en geweld in die verarmde Karibiese land.

Gewapende bendes wat reeds ʼn groot deel van Port-au-Prince beheer, het die afgelope paar weke verwoesting gesaai in hul pogings om Henry te verdryf. Liggame lê deesdae in die strate terwyl gewapende bendes basiese infrastruktuur plunder.

“Die regering wat ek lei kan nie onsensitief wees teenoor hierdie situasie nie. Soos ek altyd gesê het, is geen opoffering te groot vir ons tuisland Haïti nie,” het Henry Dinsdag in sy bedankingsaankondiging in ʼn aanlyn toespraak gesê.

Volgens Henry het die regering van Haïti ingestem tot die skepping van ʼn “presidensiële oorgangsraad” waarvan die lede gekies sal word ná samesprekings tussen verskeie Haïtiaanse belangegroepe.

“Die regering wat ek lei, sal onmiddellik ná die aanstelling van die raad opsy staan.

“Ek wil die Haïtiaanse mense bedank vir die geleentheid wat ek gegun is. Ek vra alle Haïtiane om kalm te bly en alles te doen wat hulle kan vir vrede en stabiliteit om so vinnig as moontlik terug te keer.”

Só lyk Haïti. (Foto: Clarens SIFFROY/AFP)

Henry, wat sedert die sluipmoord op pres. Jovenel Moise in 2021 in beheer is, was in die buiteland op soek na steun vir ʼn sending wat deur die Verenigde Nasies (VN) gesteun word toe die jongste geweld uitgebreek het.

Henry is tans in Puerto Rico gestrand nadat gewapende bendes hom verhoed het om na Haïti terug te keer.

Guyana se pres. Irfaan Ali, die huidige voorsitter van die Karibiese streekliggaam Caricom, het Henry se bedanking of eerder “onselfsugtige voorneme” Dinsdag verwelkom.

“Daardie onbaatsugtige bedoeling was om te sien dat Haïti slaag.”

Maroela Media het vroeër berig die regering van Haïti het begin vandeesmaand ʼn noodtoestand én aandklokreël afgekondig om beheer oor dié krisisgeteisterde Karibiese land te probeer herwin nadat bendes die nasionale gevangenis in Port-au-Prince aangeval het.

Duisende gevangenes het die betrokke aand uit aanhouding ontsnap toe die fasiliteit oornag aangeval is. Talle is dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Adriaan ·

Amid escalating gang violence and Prime Minister Ariel Henry’s resignation, Haiti grapples with deep-rooted instability, prompting questions about the underlying causes of the crisis.

– Haiti, once a French colony until 1804, relied on slave labor in its sugar and coffee industries. The US delayed recognizing Haitian independence until 1862.

– The US and its proxies have intervened in Haiti, engaging in coups and supporting puppet regimes. This involvement spans from a 1914 – 1935 occupation to multiple interventions in the late 20th century. In 1994, Washington invaded Haiti in order to reinstate a pro US president, an intervention that lasted until 2000. Between 2004 and 2019, Haiti was once again occupied by multinational forces.

– American corporations have been exploiting Haiti’s labor force and resources for decades. In 2009, when a Haitian law increased the minimum wage from 24 cents to 61 cents an hour, Washington interfered to ensure that the raise was rejected in order to protect corporate profits.

– US politicians have shamelessly cashed in on Haiti’s misfortunes as well. For example, after the 2010 earthquake, they organized a multi billion dollar fundraiser. Unfortunately, only a small portion of these funds actually went towards helping pull Haiti out of dire poverty.

Lesly ·

Dis nou Okay. Die bendes gaan na ‘n nuwe eerste minister van hul keuse aangestel word, al die mense wat hulle vermoor het, weer laat leef, al die skade wat hulle aangerig het, sommee vinnig weer herstel. Hulle is ongelukkig wereldwyd dieselfde en mens kan dit nie miskyk nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.