Msimanga wil Gauteng weer op koers kry

Solly Msimanga, die DA se provinsiale leier en premierskandidaat vir Gauteng, tydens die bekendstelling van die party se provinsiale manifes by die Beyers Naudé Square in Johannesburg. (Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

In die chaotiese middestad van Johannesburg het die DA Dinsdag tussen vervalle geboue en stukkende verkeersligte die moontlikheid van ʼn nuwe, beter Gauteng aan sy ondersteuners voorgehou. ʼn Gauteng wat net moontlik sal wees indien dié party op 29 Mei 2024 as die nuwe leier in dié provinsie verkies word.

Solly Msimanga, die DA se provinsiale leier en premierskandidaat vir Gauteng, het die party se provinsiale manifes op Beyers Naudé-plein in die hartjie van Johannesburg bekend gestel en onderneem om die provinsie weer op koers te kry.

Hy meen die party se sewepunt-reddingsplan sal die ingryping wees wat broodnodig is om energiesekerheid te verseker, infrastruktuur te herstel, misdaad te bekamp, die ekonomie te laat groei, werk te skep, staatsgeld reg te bestee, belegging in gehalteonderrig te verseker en toegang tot gehalte gesondheidsorg vir alle inwoners moontlik te maak.

“Dit grief my dat ons ʼn saamtrek in die middel van die week kan hou en ek soveel jong mense sien wat eerder hier as by die werk is,” het Msimanga aan ʼn groot groep ondersteuners in blou gesê.

Solly Msimanga, die DA se provinsiale leier en premierskandidaat vir Gauteng, tydens die bekendstelling van die party se provinsiale manifes by die Beyers Naudé Square in Johannesburg. (Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

“Dis werkloosheidskoers in Gauteng is hartverskeurend.”

Maar, sê Msimanga, die DA se reddingsplan is ʼn praktiese, werkbare en uitvoerbare oplossing.

“Met ons energieplan kan ons aan julle, die inwoners van Gauteng, tasbare oplossings bied wat ʼn einde aan beurtkrag kan bring. Ons het ʼn omvattende meesterplan vir infrastruktuur wat watertekorte sal takel.”

Inwoners se veiligheid sal ook een van die party se grootste doelwitte wees.

“Deur ons polisiemag oor te haal, die regstelsel te bemagtig en misdaad te beveg sal ons ʼn einde aan die vrees vir geweldsmisdaad bring.

Solly Msimanga, die DA se provinsiale leier en premierskandidaat vir Gauteng, tydens die bekendstelling van die party se provinsiale manifes by die Beyers Naudé Square in Johannesburg. (Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Solly Msimanga, die DA se provinsiale leier en premierskandidaat vir Gauteng, tydens die bekendstelling van die party se provinsiale manifes by die Beyers Naudé Square in Johannesburg. (Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Solly Msimanga, die DA se provinsiale leier en premierskandidaat vir Gauteng, tydens die bekendstelling van die party se provinsiale manifes by die Beyers Naudé Square in Johannesburg. (Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

“Ons het meer polisiestewels op die grond nodig. Ons het meer deursigtigheid in die polisie nodig. Ons moet verseker ons gemeenskappe is in veilige hande,” het Msimanga gesê.

“Munisipale verordenings moet gehandhaaf word, en ons moet wet en orde in Gauteng behou.”

Volgens hom moet ʼn polisiemag ook nie net van 08:00 tot 17:00 aan diens wees nie – want “dit is nie asof misdadigers kantoorure het nie”.

“Ons moet seker maak daar is ʼn eenheid wat 24 uur per dag sal werk om rampokkery, dwelms en geslagsgebaseerde geweld in die provinsie uit te roei.”

Die party is ook oortuig dat sy ekonomiese ontwikkelingstrategie nuwe investering sal lok en ekonomiese groei sal ontsluit.

Liam Jacobs, leier van die DA-studenteorganisasie (Daso) by die bekendstelling van die DA se provinsiale manifes in Johannesburg. (Foto: Mariska Nanni / Maroela Media)

Msimanga onderneem voorts dat die party ʼn deursigtige regering sal voorstaan wat verantwoordelik met staatsgeld sal omgaan.

Toegang tot gehalte onderrig, van vroeg in ʼn kind se lewe, en gehalte gesondheidsorg vir almal is ook hoog op die party se prioriteitslys.

Msimanga het Dinsdag opnuut kritiek oor die regering se voorgestelde wetsontwerp oor Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) gehad en gevra waar die ANC beoog om die geld vandaan te kry om die NGV deur voer.

Hoewel die party sê alle inwoners toegang tot gehalte gesondheidsorg moet hê, is die regering se NGV-wetsontwerp in sy huidige vorm geensins uitvoerbaar of volhoubaar nie.

“ʼn Bevoegde staat is die antwoord op die meeste van dié probleme. Ons sal egter veel meer as dit wees. Ons sal ʼn verantwoordbare staat verseker. Sonder verantwoordbaarheid kan geen regering doeltreffend funksioneer nie – dit het almal teen dié tyd al besef.

“Ons ondernemings is tasbaar en die impak daarvan sal tot voordeel van toekomstige generasies strek.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Fubar ·

“Msimanga wil Gauteng weer op koers kry”

Bwhahahahahaha!! Wat ‘n nar! Op koers kry? Waarheen? Reguit af in die rioolpyp, nê?

KB ·

Die DA moet net die “groot wakkerskrik” kry. Hulle slaap met oop deure…

honeybee ·

Mooi Solly ons staan saam met jou. George ek stem 100% saam met jou.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.