Kinders sterf ná hulle skilpadvleis eet

Dit is onduidelik watter spesie seeskilpad tot die sterftes gelei het. (Foto: Joseph Prezioso/AFP)

Agt kinders en een volwassene is dood nadat hulle seeskilpadvleis geëet het op Pemba-eiland, deel van die Zanzibar-eilandgroep. Die sterftes is verlede week aangeteken.

Volgens owerhede is ʼn verdere 78 mense in ʼn hospitaal opgeneem.

Dr. Haji Bakari, mediese beampte van die Mkoani-distrik, het gesê die volwassene wat gesterf het, is een van die kinders wat omgekom het se ma.

Die eerste voorval is verlede Dinsdag by die owerhede aangemeld.

Die vleis word as ʼn lekkerny in Zanzibar beskou. Dit bevat egter ʼn toksiese middel wat van tyd tot tyd sterftes kan veroorsaak.

Toetse wat na afloop van die sterftes in ʼn mediese laboratorium gedoen is, het daarop gedui dat die vleis die oorsaak van die slagoffers se dood was.

Owerhede in Zanzibar het ʼn rampbestuurspan na die streek gestuur om mense teen die inname van dié reptiele te waarsku.

Dit is onduidelik watter spesie seeskilpad tot die sterftes gelei het.

In November 2021 is sewe mense, insluitend ʼn driejarige kind, óók op Pemba dood nadat hulle skilpadvleis geëet het, terwyl drie ander in die hospitaal opgeneem is.

Bronne: Sky News en New York Post.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Christine ·

Hoe skaarser kos raak en mense meer hoe meer tragedies gaan plaasvind

Alta ·

Dit is tragies, maar ai die see skilpasie is ‘n bedreigde spesie en hulle word meedoënloos uitgeroei, ook baie ander skaars wilde diere, in daaidie derl van Afrika, die monde wat gevoed moet word raak te veel, en die arme diere moet dit ontgeld

Juanita ·

@Christine, niks met te kort aan kos te doen nie. Die seeskilpaaie word dood gemaak om as lekkerny te dien.

George ·

Ons eet hier enige iets van bok, kameelperd, krokodil, zebra, slang, skerpioen, enige iets. Vir India lyk die westerse wereld vreeslik wreed, en vir ons die asia lande. Die is n vleis wat baie geniet word in Zanzibar, meestal lodges sal dit bied ook.

Cherokee ·

‘Ons’ sê jy, eet hier enige iets, soos krokodille, slange en skerpioene, sê jy. Wie is daardie ‘ons’?

Elmarie ·

Sjoe, die swak Afrikaans wat party mense besig… En dis nie vingerfoute nie, dié gebeur met enigeen. Ek praat van SWAK Afrikaans

Martie ·

Te veel mense, te min kos. Te veel luies wat van staat afhanklik is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.