Pa verkrag glo dogter se vriendin  

ʼn Vrystaatse pa het in die hof verskyn op aanklag van statutêre verkragting nadat hy glo sy dogter se vriendin verkrag het.

Die 55-jarige man het die meisie glo herhaaldelik verkrag toe sy 15 jaar oud was.

Volgens betroubare bronne sou die meisie swanger geraak het en is sy na bewering deur die pa gedwing om ʼn aborsie te ondergaan.

Die man, sowel as die slagoffer, woon op Koppies in die Vrystaat.

Familie van die slagoffer het Unchain our Children, ʼn organisasie sonder winsbejag, genader om tussen beide te tree.

Met hul hulp is die saak onder die aandig gebring van die plaaslike polisie en is die man verlede Vrydag in hegtenis geneem.

Sers. Mahlomola Kareli het bevestig dat die man Maandag in die landdroshof op Koppies verskyn het.

Die staat het nie sy borgtogaansoek teengestaan nie en die man is borgtog van ʼn R1 000 toegestaan.

Ná sy vinnige verskyning in die hof is sy saak uitgestel tot ʼn later datum in April.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Juanita ·

Hel net ‘n R1000 borg vir verkragting!? Hy moenie eers borg kry nie.

Gerhard ·

Juanita, ek stem 100% saam met jou. Maar dat daar nou net ‘n verkeerde woord gese word, ruk die hele EFF en cANCer op na die hof en dan word borg geweier ook nog. Die hele regstelsel is kruppel in SA. Ons sal bitter vinnig die klomp it die stoele moet lig.

Catharina ·

DIs nog steeds ridiculous. Hy het verkragting gepleeg en net omdat mense bang is vir n politieke ding kan hy met dit wegkom? Nee uh uh

Watsenaam ·

Bring terug die doodstraf. Almal kan mos sien tronkstraf werk nie en kost die arme belasting betalers net geld.

melW ·

Dis ń siekte, hy sal dit weer doen, waarom is hy borgtog toegestaan??

Piet Snot ·

Catharina, jy weet nie of hy verkragting gepleeg het nie. Ek & jy lees bloot wat ‘n koerant skryf oor wat iemand gesê het die meisie gesê het wat gebeur het. Derderangs ten beste.
Hy is onskuldig tot hy skuldig bevind is. Hou jou vrye oordeel oor tot daardie dag.

Martie ·

Nou wonder ek net, wat van al die skoolkinders van 10 ens wat swanger raak, waar is hulle verkragters? Of sit hulle saam met hulle op die skoolbanke maar niks kom hulle oor nie, waar is die statuêre verkragting nou?

Di ·

Martie, stem 100% saam met wat jy se. Daar word duisende babas jaarliks gebore waar die “ma” tussen die ouderdom van 10-19 jaar is. Hoekom is hierdie duisende se “verkragters” nie ook in die tronk gestop nie. Volgens statistiek is daar 150 000 babas gebore in SA tussen April 2022 and March 2023 waarvan die ma’s tussen 10-19 jaar oud was. Die probleem le by die jong seuns en moet aangekla word van verkragting

Bolandse Nooi ·

Uhhh, ja, dié gedoente kom uit op borg van R1000, maar daai boer wat na bewering een van die voorheen-benadeeldes geklap het, sit no ………….

Robert ·

Di ek stem volkome saam met jou. Ek wil egter net byvoeg dat hierdie geboortes volgens my grootliks te danke is aan die kindertoelaag wat hulle van die staat ontvang… Ek dink persoonlik dit is ń groeiende probleem in SA.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.