Pos na en van Verre Ooste weens Covid-19 vertraag

Pos na en van sommige lande in die Verre Ooste word weens die uitbreking van die nuwe koronavirus vertraag. (Foto: Christel Cornelissen)

Die Poskantoor sê die nuwe koronavirus, Covid-19, het hom gedwing om sy diens na verskeie lande in die Verre Ooste tydelik op te skort.

Hy gaan in die afsienbare toekoms nie pos na China, Maleisië, Indonesië, Taiwan, Suid-Korea, Sri Lanka, Viëtnam, Bangladesj, of Koeala Loempoer aanvaar nie.

Johan Kruger, die Poskantoor se woordvoerder, sê die posdiens na Hongkong word in dié stadium nie geraak nie.

“Die lugrederye wat die Poskantoor tans vir vervoer na en van dié lande gebruik, kan weens uitdagings wat die koronavirus-pandemie veroorsaak, nie die pos oplaai nie,” het Kruger gesê.

Pos wat vanuit hierdie lande na Suid-Afrika gestuur word, word ook vertraag.

“Die Poskantoor sal die dienste hervat sodra ooreenkomste met ander rederye aangegaan is. Ons vra om verskoning vir die ongerief,” het Kruger gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Stof ·

Synde dikwels dienend in hospitale, is.dit so duidelik soos daglig dat hierdie paranoia niks meer is, as ‘n paranoia nie. Statistiek is duidelik: basiese griep en snotterighede, eis al oor dekades mees mense per dag/week/maand, as wat hierdie randstandigdheid wat nou so skielik die eer voor kry.

Hennie ·

Ag wat, wie gee om. Daar is min staatsinstellings wat so treurig is soos die spul slakke is!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.