Potch-SR: ‘Regering het ons in die steek gelaat’

Voorsitter van die SR, Paul Maritz. Foto: Verskaf.

Voorsitter van die SR, Paul Maritz. Foto: Verskaf.

Die studenteraad (SR) van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus het gesê die departement van hoër onderwys het sy verantwoordelikheid teenoor studente versuim deur universiteite aan hulle eie lot oor te laat.

Dit kom nadat dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, Maandag gesê het universiteite moet self bepaal met hoeveel hulle klasgeld volgende jaar gaan verhoog.

Volgens Paul Maritz, voorsitter van die SR, is die belangrikste rolspeler in die kwessie aangaande onderriggeld die staat en nie die studente of die universiteit nie. Volgens Maritz is die primêre argument dat dit die staat se verantwoordelikheid is om vir universiteite te sorg en hulle te beskerm. “Die staat het nie sy kant gebring nie. Deur ʼn 8% maksimum verhoging aan te kondig en toe die deur in universiteite se gesig toe te slaan, het die departement die maklike uitweg gekies.”

Maritz het gesê ʼn groot groep studente voel die regering het hulle in die steek gelaat. “Landswyd kan talle studente nie ʼn verhoging in klasgeld bekostig nie, maar universiteite is in ʼn moeilike posisie omdat hulle onder finansiële druk is.”

Volgens Maritz is hulpbronne reeds “tot op die been gesny” en kry die universiteit reeds swaar om sy volle pligte in hierdie verband na te kom.

Maritz het studente ondanks die #FeesMustFall- en #FeesMustFallReloaded-veldtogte versoek om mekaar te ondersteun en mekaar se sienings te respekteer. “Kom ons wees verdraagsaam en verseker saam dat ons kampus veilig bly en dat ons akademiese aktiwiteite sonder onderbrekings voortgaan. Die veiligheid van ons studente asook die voortsetting van ons akademiese program is ons hoogste prioriteit”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Jacobus Krynauw ·

Dit bevestig maar net weer die onvermoë van die regering se onvermoë om besluite te neem

Danie ·

Ja, alweer die regering, ne!!!!
Hulle het laasjaar gesorg dat studente wegkom met geen
verhogings van die UNI- gelde
Nou, onttrek hulle maar net en die universiteite moet self die mas opkom
so al die barbaarse dinge wat hulle nou aanvang het seker niks met die regering te doen nie!!
Tipies.

Nou praat jy ·

Dis hoe studente moet klink, nie die AFBREEK & BESKADIG ING van eiendom.
Studente STUDEUR, nie toi toi. Daar is tyd vir studente pret, soos om ‘n 13 ton swembad op ‘n koshuis dak te bou, lank lank, gelede. :-)

Johann ·

My ALMAMATER. Lekker en trots om te hoor dat daar tog sinvolle deurdagte woorde en sinne uit n “student” se mind kan kom. Nie net n praktiese eksamen in brand en breek nie. Of totaal logies ontneemde “denke”. Sterkte aan die PUK…hoop en bid en glo dat die mag van die menigte nie oorneem nie.

andrea van vuren ·

Student met goeie opvoeding en integriteit! Wens meer van sy sort wil nou opstaan en praat!

William ·

My dogter op PUK. So seun kort nou vir jou n Bells. Sal kan doen as skoonseun ook. Praat wyse woorde

Kobus ·

Die damwal het nog nie gebrek nie Paul. Julle is nou net op julself gefokus, die studente wat swaarkry, die regering het nie net die universiteite gefaal nie, maar die land se ekonomie. Daar is nie ‘n sektor wat nie swaar kry nie, waar dit nie bedroewend gaan nie. Data must fall ens ens, als wat must fall is genoeg bewys.

Kyk na die gewone man en die pensionarisse se uitgawes, veral die pensionarisse, die mesdiese kostes en bydraes styg jaarliks meer as inflasie, die munisipale gelde styg, lewenskoste raak al duurder, kos, dis nie net die studente wat swaarkry nie, die rentekoerse is in hul kanon.

En die dag as die massa ‘grade’ gekry het waarmee hul niks kan maak nie, want hulle kan dit nie gebruik nie, wat dan? Of dan die wat opskop omdat hulle nie daar gehoort het nie, die skole het in die eerste instansie met hul afgewaterde standaarde die leerders versaak, dit is waar dit jare gelede begin het. Wat dan ook van die Technikons, wat nie meer daar is nie,? As jy in ‘n tegniese rigting studeer het, die massas wat daar gehoort het, kon jy darem ook jou eie werk begin het, op klein skaal en so werk help skep net. So kan ek aangaan.

Maar stem sal ons vir die ANC regering stem, juis daardie mense wat die hulp nodig het.

Anoniem ·

Presies….Die regering kon nog vir niks ” pa” staan nie…..Belowe son maan en sterre….
Eindelik is daar n jong mens wat die waarheid aanskou en beleef en dit uitspreek….en nie afbreek en afbrand nie. Kan ons nie meer sulke jongmense in ons geledere he nie……..

Lance ·

Ja natuurlik want saa en eskom moet eerste gehelp word voor studente

Francis Linstrom ·

En ons belastinggeld word gebruik om geboue op te rig sodat hulle weer deur vandaliste afgebrand kan word .en die res word gesteel

Theuns ·

Laat julle spreekwoord wees “Boer maak ‘n plan”! Wys hulle, wie hulle ook al is, ons Afrikaners het rugraat! Dit gaan my verstand te bowe dat regerings amptenare salaris kry vir wat hulle nie doen nie maar veronderstel is om te doen? Die regering is vining om in te meng by Universiteite waanneer dit hulle pas en waanneer hulle die situasie opgeneuk het net so vining die verantwoordelikheid afskuif! (COP OUT)

lettie ·

Dis n baie waar opmerking. Kan die Regering gedwing word om verantwoordelikheid te neem, veral na Zuma in 2015 aandie eise toegegee het van ontstoke studente deur te se gratis onderrig is moontlik?

Theresa B ·

Dis maar net onvermoë om besluite te neem en hierdie spul te hanteer. Nou word die bal maar vir ander gegooi en hulle moet sien ek kom klaar. Ruggraadloos as jy my vra.

Johanna Botha ·

Ek wens blade em zuma sien hulle alie met die studente

Ben ·

Die regering het net ingegryp met die #Fees must fall om poletieke punte te wen, nou het hulle nie die steun nodig nie – geen steun vir die mense nie.

Maar gee kans, volgende jaar sal hulle weer “ingryp” om die situasie te red, so bekom hulle stemme (hulle veg vir die ou op straat)

Na 2019 sal hulle weer doodstil wees (indien hulle wen) want dan sal hulle inspring om vir die volgende paar jaar die staatskas te plunder.

Ook n ouer ·

Ook n puk-ouer…voorwaar n universiteit om op trots te wees al het die regering julle gefasl sal julle nog uitblink…saam staan is mag

Nog 'n PUK ouer ·

Ek is ook ‘n puk ouer en ‘n baie trotse puk ouer. My dogter woon elke dag haar klasse by, skryf toeste / eksamens op die tyd en plek soos dit moet wees. Ons kan almal trots wees op hierdie universiteit, en ons kan maar net glo en bid dat dit daar so sal bly. My hart gaan uit vir die ander student wat so ontwrig is en dit in hierdie kritiese tyd van toetse en eksamens wat afgele moet word en waarvoor hul regtig hard geleer het. Ek sou ook graag wou gaan studeer het na skool, maar geld was daar nie gewees nie. Ek het maar begin werk en so tussen deur aan Unisa gestudeer. Vandag is ek baie trots op myself, want ek het tog bereik wat ek wou, al was dit moeilike omstandighede maar dit kan gedoen word. Hoe kan ‘n student wat 30% in sy matriek eindeksamen behaal het nou wil ‘n bohaai opskop oor studie gelde en gratris onderwys. As hy geleer het toe hy moes het hy dit dalk vandag gehad. Baie sterkte aan al die student aan al die verskillende universiteite. Mag die Liewe Vader Sy arms om jul vou en jul beskerm in hierdie moeilike en kritiese tydperk terwyl jul hard studeer om eendag ‘n sukses van jul toekoms te kan maak.

Dup du Plessis ·

Dis hoekom ons as ouers nog so baklei vir PUK om die Afrikaanse kultuur te behou….alles werk nog soos dit moet….vergelyk dit met dieselfde universiteit (NWU) se ander 2 kampusse….die sleg is net die PUK word stadigaan getransformeer, terwyl daar hoeveel afrikaanse studente by ander universiteite is wat wat sou gee om eerder op PUK te kon studeer…..hulle word egter doelbewus afgekeur om aan die transformasie teikens te kan voldoen….

andrea van vuren ·

My kleinseun op PUK. Hy is dolgelukkig daar. Alle eer aan Fika Janse van Rensburg. Hy is soos ‘n vader vir die kinders. Hulle is gek na hom!

Liesbet ·

Eenvoudige oplossing..as jy nie kan bekostig..jammer dan kan jy nie univ toe nie.
Eks ook uit n arm gesin.koni gaan studeer.nie eens deur unisa nie.
Ek moes n gwone werk in n gewone winkel vat en moet myself onderhou en ek spaar boonop vir my eie afstand studies!?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.