Prasa-sekerheidswag doodgeskiet

(Argieffoto)

ʼn Sekerheidswag van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) is Dinsdag by Prasa se Geldenhuys-steierwerkperseel in Germiston, Gauteng, doodgeskiet.

Steve Harris, hoofsekretaris van die United National Transport Union (Untu), sê die wag en ses van sy kollegas is vroegoggend na die perseel ontplooi om dit te patrolleer. Hulle het nie vuurwapens by hulle gehad nie.

“Skote is omstreeks 01:00 op die wagte afgevuur. Een van die wagte is in die proses doodgeskiet,” bevestig Harris.

Hy sê dit is onaanvaarbaar dat die wagte sonder vuurwapens ontplooi is.

“Die steierwerkperseel is omring deur veld en snags is dit pikdonker omdat daar geen ligte is wat die erf belig nie. Dit is dus uiters gevaarlik omdat daar skrootmetaal op die perseel rondlê wat skelms lok.”

Harris sê die vakbond is woedend oor die voorval. “Nog ‘n onskuldige lewe is verlore terwyl pres. Cyril Ramaphosa Untu se pleidooi om soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) te ontplooi om Prasa se persele te patrolleer en te beskerm, ignoreer. Dit is ‘n oorlogsgebied en ons veg ‘n verlore stryd.”

Die wag wat geskiet is, was een van die 3 100 nuwe Prasa-wagte wat pas aangestel is deur Fikile Mbalula, die minister van vervoer. Dit volg nadat hy in September sy nuwe intelligensiegedrewe veiligheidsplan aangekondig het.

Mbalula het in Maart die People’s Responsibility to Protect (PR2P)-projek van meer as R100 miljoen van stapel gestuur, waar amper 10 000 gemeenskapsvrywilligers en 80 veterane van die Umkhonto we-Sizwe militêre veterane-vereniging (MKMVV) by 46 spoorweë landwyd ontplooi is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

JM ·

Elke Jan Rap en sy maat het deesdae ‘n vuurwapen en hulle het net een missie: maak dood! Ons leef in ‘n misdaad hool!!

Ovelia ·

Nee hul sal mos eerder soldate mosambiek toe stuur. Hul gaan hul naam buitendien mt n plank slaan in mosambiek

Jack ·

Wat help n wag sonder weerbaarheid. Daar is tog genoeg ak,s in omloop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.