Premier se kop geëis oor ‘bedrieglike’ navorsingsvoorstel

Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane (Foto: ANA)

Die Oos-Kaapse premier Oscar Mabuyane behoort sy bedrieglike navorsingsvoorstel aan die Fort Hare‑universiteit én sy verhouding met die omstrede prof. Edwin Ijeoma aan Suid-Afrikaners te verduidelik en dán te bedank, sê politici.

Dit word beweer dat die premier ’n meestersgraad in openbare administrasie aan die Fort Hare-universiteit op ’n bedrieglike wyse probeer bekom het deur middel van ʼn navorsingsvoorstel wat deur Ijeoma en ’n geheime span spookskrywers namens hom saamgestel is.

Luidens ’n forensiese verslag wat in opdrag van die Fort Hare-universiteit gedoen is en wat News24 bekom het, het Ijeoma sy sekretaresse en ʼn groep “navorsingsassistente” gebruik om Mabuyane se navorsingsvoorstel namens hom saam te stel en in te dien.

“Dit blyk nou dat die Universiteit van Fort Hare se departement van openbare administrasie ʼn ‘op bestelling’-graadverkoopdiens aanbied vir politici wat die openbare beursie misbruik om hul selfverheerlikende valse kwalifikasies te verseker,” sê Athol Trollip, voorsitter van ActionSA in die Oos-Kaap.

Trollip sê dit is ook nie die eerste keer dat Mabuyane ’n gebrek aan integriteit toon nie. Daar is vroeër beweer dat die premier onbehoorlik voordeel getrek het uit wanbestede fondse van die Winnie Madikizela- plaaslike munisipaliteit.

“Die Universiteit van Fort Hare, wat spog met ikoniese struggle-helde en bekroonde Afrika-leiers as alumni, word boonop geteister deur korrupsie, wanadministrasie, moorde en sluipmoordpogings op sy visekanselier en sy adjunk.”

Trollip wys dan daarop dat etiese gedrag, integriteit en aanspreeklikheid die grondslag van eerbare leierskap is.

“Premier Mabuyane moet dus die regte ding doen en bedank.”

Nqaba Bhanga, die DA se leier in die Oos-Kaapse wetgewer, sê ook die bewerings skep ernstige vrae oor Mabuyane se morele kompas.

“Die premier is die eerste burger van die provinsie en sy optrede behoort onberispelik te wees. Indien hierdie bewerings waar is, moet ʼn mens vra watter ander pligte hy tydens sy termyn as premier uitgekontrakteer het.”

  • Edwin Ijeoma is in Oktober 2020 voorlopig geskors weens bewerings dat hy die afgedankte Oos-Kaapse LUR Sindiswa Gomba onreëlmatig vir ʼn honneursgraad in publieke administrasie geregistreer het. Hy het eindelik in Februarie 2021 bedank. Sy sekretaresse is ook sedertdien in die pad gesteek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Althes ·

Alle grade by Fort Hare sal nou verdag beskou word.
Ek wonder hoeveel van ons politici het grade daar bekom? Dalk moet daar ñ oudit gedoen word.

domheks ·

cr moet ‘n kommissie aanstel om ondersoek te doen – dan is dit sommer werkskepping ook.

Gerhardus ·

Byna al die “struggle” leiers het grade verwerf by Fort Hare Universiteit en dit terwyl meeste van hulle nie eers in die and was nie, maar in “exile” geleef het. Dit verduidelik als.

Hendrik ·

Daisy, dit sal absoluut niks help nie. Jy,s dan oor- gekwalifiseer.

Marius ·

Is daar niks en nerens wat die kaders kan doen sonder die een of ander skelm streek nie???
Intussen moet die belastingbetaler net opdok vir al die gemors wat aangejaag word.

gatgogga ·

Jy kan ook ‘n doktorsgraad verwerf aan Pallo Jordan se School for Higher Intenstve Training, solank jy meer as 30% van die fooie betaal het.

Nie Verbaas ·

Almal in die regering se kwalifikasies moet ondersoek word. SAAT se Kwinana is konsuis n geoktrooieerde rekenmeester maar by Zondo kommisie was haar tekort aan begrip verbysterend.

Jr ·

Julle mense kan dit net nie help kan julle? Altyd oo maneuvers

Amelia ·

Hoeveel van hulle het werklik grd 12 of enige ander opleiding sonder bedrog en kurupsie en kan werklik universiteit toelating gekry het dink min want as jy ma 30% nodig het om matriek te slaag glo ek nie jy gaan mas op kom in kollege of universiteit nie

Papsak ·

Baie min van hulle het gr 12 maar ons beklee hoe poste maar alles is vervals maar teeoorgesteld moet ons gr 12 he om n pos te voltooi anders word jy weg gewys maar hulle kry dit lag lag daarom sit soveel wit sonder werk gr 12 doen die werk nie jou hande of breins nie wat vir my belaglik is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.