Presidensie ontvang aangepaste Zondo-verslag

Argieffoto van die verslag se verskillende gedeeltes. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Die presidensie het die gewysigde weergawe van die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping se verslag ontvang. Dié verslag bevat enkele regstellings wat deur hoofregter Raymond Zondo in die verslag aangebring is.

Zondo het die Pretoriase hooggeregshof vroeër genader om regstellings aan die finale gedeelte van die verslag te mag maak. Dié regstellings sluit glo in die regstelling van ’n bedrag geld wat in die verslag verkeerdelik aangedui word en die bywerk van ’n ontleding van die getuienis van twee getuies. Die ontleding is glo uit die aanvanklike verslag gelaat.

Adjunkhoofregter Aubrey Ledwaba het Zondo se aansoek ’n week gelede toegestaan mits die veranderinge nie die inhoud, bevindings of aanbevelings in die oorspronklike verslag beïnvloed nie. Zondo moes ook die gewysigde verslag voor 10 Oktober by die presidensie inhandig.

Vincent Magwenya, pres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder, sê die gewysigde verslag – wat veral oudpres. Jacob Zuma by staatskaping betrek – is reeds op die regering se webblad beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Shakespeare ·

Die Zondo sirkus beteken niks. Iets soos R350 miljoen gekos en die bose ANC/EFF ignoreer alles daarin.

Republikein in die Wes Kaap ·

Nee, Shakes, die koste was byna R1 000 miljoen.

007 ·

Ek hoop regtig ou stortkop gaan nou vervolg word sonder vertragings taktiek. Maar ja, dinges in jou een hand en hoop in jou ander hand en kyk wat weeg die swaarste.

Cherokee ·

Die turksvyvraag bly dit: dit is algemene kennis dat dit ‘n verslag is en niè ‘n hofbevinding nie. Dit is desnieteenstaande, opgestel deur die hoofregter te midde van noukeurige ondersoekwerk. Gaan daar enige opvolg-aksies wees? Indien nie, waarom soveel miljoene vermors? En indien wel, wanneer? Die publiek sal graag dìt beantwoord wil hê.

Andre ·

En wie in die presidensie gaan die verslag lees? Sal liewers nie my asem ophou daarvoor nie …

Sê maar net ·

Ag vir wat? Daar gaan buitendien dadels hiervan kom. Niemand gaan vervolg word nie. Publiek se tyd en geld gemors. Soos gewoonlik…..

Aggie ·

My eerste gedagte ook… Ons kan nie eens meer die regbank vertrou nie!

JohanR ·

Ek dink in Engels noem mens dit “watered down”! Nie EEN ANC sal die binnekant van ‘n tronk sien nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.