Awian van Schalkwyk (17) en Kim Swart (15) word steeds vermis nadat hulle glo Sondag saam weggeloop het.
Swart se ma, Irene, het Vrydag aan Maroela Media gesê die wenk wat hulle ontvang het dat die twee moontlik in Centurion kan wees, het niks opgelewer nie. “Ons is terug by die begin, en bekommer ons dood en weet nie waarheen volgende nie,” het sy gesê.
Irene het Donderdag gesê hulle hoop en bid dat haar dogter en Van Schalkwyk ongedeerd gevind gaan word.
Missing Children South Africa, ʼn organisasie wat hom beywer om vermiste persone op te spoor, het Donderdag aan Maroela Media gesê Van Schalkwyk se ouers het hom laas gesien toe hy Sondag omstreeks 13:00 sy huis in Doringkloof, Centurion, op sy motorfiets verlaat het. Hy bestuur ʼn swart Honda CBR 125-motorfiets. Hy het donkerbruin oë, swart hare en ʼn brandmerk op sy bors. ʼn Vermistepersoon-saak word deur die Lyttelton-polisiestasie ondersoek. Mense wat hom sien kan die polisie by 012 644 8600 of Missing Children by 072 647 7464 bel.
Kim het groenblou oë en lang, donkerblonde hare. ʼn Vermistepersone-saak word deur die Pretoria-Noord-polisie ondersoek. Mense wat haar sien kan die stasie by 012 353 5609 bel of met Missing Children in verbinding tree.
Lees ook:
Wenk ontvang oor PTA-paartjie wat glo saam wegloop
‘Vermiste’ kinders loop glo saam weg