Die produksie van mediese isotope is by die Pelindaba-kernfasiliteit naby Pretoria hervat ná ‘n lang onderbreking weens die agteruitgang van veiligheidsmaatreëls.
Isotope word in die mediese veld gebruik vir veral die bekamping van kanker en die sterilisasie van mediese instrumente, en kan hoogs winsgewend wees as die vervaardiging daarvan behoorlik en veilig bedryf word.
Na ’n veiligheidsinsident in November 2017 is produksie van isotope gestaak en toe weer in Februarie verlede jaar hervat. ’n Verdere veiligheidsvoorval in Mei het beteken dat produksie eers weer in November verlede jaar hervat kon word, het die minister van energie, Jeff Radebe, in antwoord op ’n geskrewe parlementêre vraag deur die DA-LP Andricus van der Westhuizen gesê.
Volgens Radebe word die isotope MO-99 en I-131 tans weer geproduseer, en word groot klem op die inskerping van maatreëls rakende veiligheid en instandhouding by die personeel geprioritiseer.
Pelindaba is ’n nasionale sleutelpunt en die minister het nie die presiese aard van die veiligheidsprobleme bekend gemaak nie.
Wat hy wel bekend gemaak het, is dat die staatsbestuurde maatskappy NTP Radio-isotope, wat die isotope produseer, se wins weens die gebeure van R184 miljoen in 2017 tot R108 miljoen verlede jaar afgeneem het en dat die geprojekteerde verlies vanjaar R224 miljoen is.
Radebe meen nietemin daar is alle rede om te hoop dat die maatskappy sy wêreldwye markaandeel sal kan terugwen, en hy het die versekering gegee dat stappe in daardie verband reeds begin het en vrugte afwerp.
Dit is absoluut krimineel om basiese veiligheid en instandhouding na te laat en so die land van broodnodige tegnologie en buitelandse valuta te weerhou. Klink al te veel na ‘n Eskom debakel!
Nog ‘n wit olifant vd staat wat miljarde rande uit die staatskas opslurp soos al die ander. Melk maar die wit koei, melk haar ANC
Ons hoop en bid maar hier kom nie n “Chernobel “ontploffing nie. Wanneer gaan die ANC besef instandhouding is een van jou grootste prioriteite in alle gevalle.
Dankie tog nou kan daar weer aan gegaan word met navorsing en verdere studies , asook lewens red .
Al die wonderlike staatsinstansies wat die spul narre verniet gekry het, het hulle laat tot niet gaan na hulle dit leeg gestroop het. Dis n skandaal!!! Niks , maar niks is meer in werkende toestand nie.
Dit is nie net staatsinstellings wat in die afgrond ingedryf word nie. Besighede wat a.g.v. BEEE oorgeneem word, word ook gestroop. Plase word verwaarloos en gaan tot niet. Ek kan nie aan n enkele instansie dink waar dit beter gaan as voor 94 nie
Ek sidder vir die dag wanneer ‘n regstellende aksie aangestelde persoon die verkeerde knoppie by koeberg kernkragstasie druk en 4 miljoen mense in die Kaapse Metropool deur nuclear meltdown bedreig word.
Ja nee, waar gaan dit alles eindig.
Die ANC het absoluut geen idee van versiening… hulle definisie is voorsiening vir hulle self..
Ek ken iemand wat baie afhanklik van Pelindaba se produksie is en het hulle baie gesukkel in die tyd toe die produksie opgeskort was, die dokters het net so erg gely aangesien die produkte ingevoer moes word en hulle van die kostes moes verhaal, Die mediese fonds het dit nie betaal nie.
moenie oordeel as jul ni weet wat aangaan ni!