Prokureur sit lank ná hy R30 miljoen by sentrum steel

(Argieffoto)

ʼn Prokureur van Brits is vandeesweek in die handelshof in Pretoria tot 15 jaar tronkstraf gevonnis, ná diefstal van R30 miljoen.

Die Brits Mall het Gerard Jacques du Plessis (52) aangestel om vanaf Februarie 2017 munisipale betalings namens die winkelsentrum te doen.

Du Plessis het die betalings in sy sak gesteek en fiktiewe kwitansies aan die sentrumbestuurder verskaf, het kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, gesê.

“Die bedrog het aan die lig gekom toe die munisipaliteit die winkelsentrum se water en ligte [weens wanbetaling] afgesny het. Die saak is by die Valke se ernstige handelsmisdaadeenheid aangemeld en ʼn deeglike ondersoek het gevolg.

“Die beskuldigde is in Februarie verlede jaar op Brits in hegtenis geneem en op borgtog van R50 000 vrygelaat.

“Hy het verskeie kere in die hof verskyn, voordat hy uiteindelik aan 22 aanklagte van diefstal skuldig bevind en gevonnis is,” het Rikhotso gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Quintus Neethling ·

Nice, so as hy slim genoeg is wat ek nie dink hy is nie kon hy namens iemand daai geld belê het in n belegging vir 15 jaar (trok straf) hy sal 67 wees as hy uit kom. As hy 30,000,000 belê teen n min 8% rente oor sy tronk straf periode sal hy byna 100,000,000 hê. Goeie bedrag om af te tree. ????

Klippie ·

Jip Quintus, dit “kon”. Maar al sy rekeninge word gevries en al sy crediet records word nagegaan in totaal., dit sluit in beleggings, spaar rekeninge, trusts etc. Tjoekie toe vir hom!

B ·

As hy dit mooi bele het gaan hy ‘n lekker aftree neseier he oor 10j, wanneer hy moontlik al kan kwaliiseer vir parool?

SjN ·

Die prokurower verdien dus R166666.66 per maand om in die tronk te sit, rente uitgesluit, jy kan maar bedrog pleeg, moet net nie op straat rook nie.

Cherokee ·

Dom diefstal. Daar’s nie ‘n manier waarop hy daarmee kon wegkom nie, tensy hy R5M gelede met R25m geëmigreer het na ‘n land sonder uitlewerings ooreenkoms. Selfs dan sou hy steeds met worries aan die slaap geraak het. Du Plessis’s is gewoonlik nie so dom nie.

lorita ·

Waar is die ander diewe se tronkstraf?? Lelike ding van die SAUK, Molefe, Julius, VBS???

Alida X ·

15 Jaar vir R30miljoen.
Ek weet van ‘n paar manne wat lewenslank moet kry

ap ·

Omtrent slim , eerste oorteder sit hy net 5 jaar , goeie belegging as hy uitkom – skatryk , min proffesionele mense verdien dit in vyf jaar. Net een probleem as hy nie gaan deel met sy familie sal hulle hom afskryf.

kolla ·

As hy nie die geld terugbetaal het nie, is dit ‘n bargain. 15 jaar, uit na 10. Glad nie sleg nie.

Wonder net ·

Nogals ‘n prokureur.
Hoe lank het hy gedink sal hy daarmee wegkom?
Gedog hy sal hom in die hof loslieg of op ‘n tegniese punt vrygelaat word?
Hierdiekeer het slim sy baas gevang.
Eintlik skokkend

Lou ·

Die ou is ‘n geleerde professionele mens. Hoe het hy gedink gaan hy wegkom met so amateuragtige diefstal skema. Vervalste kwitansies. Hy moes tog seker gedink het die Mislike-paliteit gaan een of ander tyd begin kla as hulle nie betaal word nie?

Eers gedink dit is ‘n jong Afrikaan wat sy graad gekoop het by die Universiteit van een of ander provinsie in die noorde maar nee die man is 52 en lelie wit.

Sê-maar-net ·

Vreemd hoe gou die witman vir R30 miljoen tronk toe gestuur word. Daar loop baie ander buite rond wat baie, baie meer verduister het en ‘n redelike kans het om los te kom. En dan: 15 jaar vir R30 miljoen? 365 dae in ‘n oorlaaide, vuil tronk vir elke miljoen! Hoe weeg dit op teen die 15 jaar wat ‘n moordenaar kry vir moord? Ek voel regtig jammer vir hierdie man. Ek is seker hy het nie alleen gewerk nie.

jakes ·

As hy wel n bietjie van die geld iewers gebere het dan kan hy n lekker tyd in die tronk deurbring. Glo my daar is sulke manne daarbinne wat elke aand wegneemetes bestel en bewaarders bring dit na sy sel toe. Hulle kan die lewe daarbinne vir hulself gerieflik maak.

Niklaas ·

Ek is geen kenner van huidige SA tronk toestande nie , maar ons kan seker aamvaar dat ouens met baie geld beskikbaar , deesdae gemaklik kan leef agter tralies. Bewaarders sal op ontvangs van die nodige geldelike ‘aansporing” heelwat kan help met wegneem etes ens , glo ek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.