PTA-man se liggaam naby winkelsentrum opgespoor

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn 29-jarige man, wat glo by ʼn plaaslike hondesalon gewerk het, is Vrydagoggend in Wonderboom, in die noorde van Pretoria, gevind.

Voetgangers het omstreeks 09:00 die liggaam in ʼn veld langs naby die Wonderboom Junction-winkelsentrum opgespoor en die polisie ontbied.

“Daar is geen sigbare wonde nie, en die oorsaak van sy dood is onbekend,” het Mirna Von Benecke, ʼn woordvoerder van die Sinoville-polisiestasie, Vrydag aan Maroela Media gesê.

Die polisie sal ʼn nadoodse ondersoek doen. Dit is in hierdie stadium nog nie bekend hoe lank die man al dood is nie. Sy naam is nog nie bekend gemaak nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.