‘n Graad 8-leerling aan die Hoërskool Eldoraigne het Vrydag glo in ‘n parkie in Amberfield, Centurion in Gauteng selfmoord gepleeg.
Gerugte dat sy haarself met haar pa se vuurwapen en voor haar 11-jarige boetie doodgeskiet het kon nog nie bevestig word nie.
Konstabel Moloto, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig die polisie is steeds op die toneel. Meer besonderhede volg.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
Liewe Heer, omvou elke persoon wat geraak word deur hierdie tragiese gebeurtenis met U liefde.
Vreeslike hartseer!!!! Sterkte vir die ouers en almal wat geraak word deur die gebeurtenis!!!!!
More dis nie gerugte nie Catelin het gister selfmoord gepleek met haar pa se vuurwapen. Baie sterkte aan die familie en gelieftes. RIP Catelin.
Ag liewe Here, omvou hierdie gesin met U liefdevolle genesing. Wat in die lewe is so swaar dat ‘n kind voel sy kan nie meer nie? My hart is so seer vir hulle.
Eben ek dink dis baie verkeerd om te dink sy was selfsugtig. As mens eers in daardie stadium is om jou lewe te neem dan dink mens ni meer rasioneel nie.