Die direksie van Media24 en die topbestuur het volle vertroue in Adriaan Basson as redakteur.
Só sê Tim du Plessis, uitvoerende redakteur van Afrikaanse nuus in Media24, in reaksie op ‘n ope brief van Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, waarin Buys ‘n dispuut met Beeld verklaar.
Du Plessis het in Woensdag se uitgawe van Beeld reageer op Buys se brief wat onveranderd in dieselfde uitgawe van die koerant gepubliseer is. Klik hier om die brief te lees.
In sy reaksie beskryf Du Plessis vir Adriaan Basson, redakteur van Beeld, as ‘n “toegewyde en hardwerkende redakteur wat sy werk baie ernstig opneem”. Hy het gesê ‘n mens verwag van ‘n koerantredakteur om sterk menings te huldig, en het bygevoeg dat Media24 nog nooit gehuiwer het om sulke redakteurs aan te stel nie. Volgens hom beteken dit egter nie dat ʼn redakteur ʼn onvoorwaardelike mandaat het nie, en dat enige redakteur wat ʼn titel van die Media24-groep skade berokken, die gevolge daarvan sal moet dra.
In sy ope brief noem Buys dat Solidariteit die Afrikaanse gemeenskap gaan versoek om nie Beeld te koop tot die dispuut opgelos is nie: “Afrikaanssprekendes kan tog nie hul eie benadeling ondersteun nie,” het hy gesê.
In sy reaksie sê Du Plessis dat dit jammer is dat Solidariteit dit nodig gevind het om tot dié stap oor te gaan. “Ek wonder tog of dit nie ʼn wedersydse verharding gaan afgee nie,” het hy gesê. “ʼn Indringende gesprek met Adriaan en sy span sou dalk ʼn gunstiger uitkoms kon verseker.”
Hy het Buys die versekering gegee dat Media24 hulle sal verbind tot behoorlike dialoog wat daartoe kan bydra dat die dispuut opgelos word.
Lees meer:
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Puk-groet: Departement sê koppe gaan rol
NWU-raad: ‘Ons sal nie menseregteskendings duld nie’
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet: ‘n G*tslag vir Afrikaans’n
Puk-rektor sê oor ‘Nazi-saluut’
Dit is daardie ‘ sterk menings te huldig ‘ wat die probleem is, waarom spreek die tweetjies wat nou so vir mekaar in die bresse tree nie hul walging uit teenoor daardie gewraakte lied wat Malema en sy trawante steeds sing nie?
Want hulle weet dit is hopeloos om Malema aan te vat.
Verstommend en laakbaar dat Beeld die Pukke so bykom. Ons koop in elk geval al baie lankal nie meer die ou koerantjie nie.
Kom mensw kom ons boikot beeld ,dit is nie die geld werd om Beeld te koop nie dit is n spreekbuis julle weet vir wie
Steun die Boikot Naspers-aksie op Facebook.
2014, N jaar met nuwe voornemens.
1. Koop nooit weer n Beeld!!
Twee moontlikhede hier. Of media 24 het nie hul huiswerk gedoen om die feite te oorweeg nie, of hulle het n agenda. Ek is bevrees die eerste, weens die belangrikheid van die saak nie moontlik nie.