Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans (GHA) het Donderdag aangekondig dat hulle hul volle steun gee aan Solidariteit se dispuut met die dagblad Beeld.
Lees meerAlles vir die sleutelwoord "puk-groet"
Zuma reageer op Puk-groet
President Jacob Zuma het Dinsdag by die Noordwes-Universiteit se Mafikeng-kampus sy skok uitgespreek oor berigte dat studente by dié universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom glo die Nazi-saluut gebruik het.
Video: Hitler se reaksie op Puk-groet
‘n Gebruiker het ‘n grappige video op YouTube gelaai wat kamstig Hitler se reaksie op Beeld se beriggewing oor studenteaktiwiteit by die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom uitbeeld.
Duisende ondersteun Solidariteit se dispuut teen Beeld
Duisende mense het Donderdag al aan Solidariteit se #propuk-veldtog deelgeneem om die beweging se dispuut teen Beeld te ondersteun.
Puk-studente begin eie veldtog
Studente aan die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom het spontaan met ʼn #DankiePuk-veldtog begin na negatiewe beriggewing deur Beeld oor studenteaktiwiteit by dié kampus.
Solidariteit vs. Beeld lok vurige reaksie uit
Talle gebruikers van sosiale media het hul mening Woensdag uitgespreek oor Solidariteit se #ProPUK-veldtog teen Beeld.
Nuuskommentaar: Pik op PUK, persvryheid en billikheidsdoktrine
Met die bekendstelling van die #proPuk-veldtog Woensdagoggend is die stryd oor hoe die Puk-saluutkwessie hanteer word, tot nuwe vlakke gevoer.
Solidariteit se #ProPUK-veldtog
Solidariteit begin Woensdag met ʼn #propuk-veldtog waar mense hul steun aan die dispuut teen Beeld kan gee.
Puk-groet: Beeld reageer op Solidariteit se dispuut
Die direksie van Media24 en die topbestuur het volle vertroue in Adriaan Basson as redakteur.
Ope brief aan Beeld: Solidariteit verklaar dispuut
‘n Ope brief van Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, aan Tim du Plessis, hoof van Afrikaanse Koerante by Media24.
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het in ‘n ope brief ‘n dispuut verklaar met Beeld en versoek Afrikaanssprekendes om nie meer dié koerant te koop totdat die dispuut opgelos is nie.
Nuuskommentaar: Studentespesie
“Studente is eintlik meerminne – nóg vis, nóg vlees.” So het ‘n gesoute proffie eendag gesê nadat hy die soveelste studente-onhebbelikheid betrag het. Hy het na klas sy motortjie op ‘n verkeerseiland aangetref waar studente dit heen gedra het.