‘n Ope brief van Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, aan Tim du Plessis, hoof van Afrikaanse Koerante by Media24.
Lees meerAlles vir Dinsdag 25 Februarie 2014
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Flip Buys, uitvoerende hoof van Solidariteit, het in ‘n ope brief ‘n dispuut verklaar met Beeld en versoek Afrikaanssprekendes om nie meer dié koerant te koop totdat die dispuut opgelos is nie.
PUK-groet: Departement sê koppe gaan rol
Die departement van hoër onderwys het Dinsdag tydens ʼn perskonferensie in Pretoria gesê hulle neem kennis van berigte oor gebeure op die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom kampus, en veroordeel dit ten sterkste.
Ruimtetegnologie vir oogoperasies
Dokters by die Maastricht-oogkliniek in Nederland het ruimtetegnologie ingespan om ‘n mikroskoop waardeur hulle sensitiewe oogoperasies uitvoer, te stabiliseer.
Belasting dikwels verkwis, teen betalers gebruik
Belastingbetalers se geld word nie net onnodig bestee en dikwels op groot skaal verkwis nie, maar word ook al hoe meer teen hulle gebruik, het die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) Dinsdag gesê.
Koalisie beplan optog oor SAUK-man
ʼn Groep wat homself die “Hlaudi Motsoeneng Koalisie” noem, eis dat die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, moet bedank.
Geen sekerheid oor ontvoerde Pierre Korkie
Die Gift of the Givers het Dinsdag gesê daar is geen sekerheid oor die gesondheid van die ontvoerde Pierre Korkie in Jemen nie.
Video: Eerste mens wat volle vertikale sirkel hardloop
Die Britse waagarties, Damien Walters, het die eerste mens geword wat daarin kon slaag om ‘n volle vertikale sirkel te hardloop.
Foto’s: Boere boos oor slegte pad
Boere in die omgewing van Vivo en Makhado (Louis Trichardt), suid van die Soutpansberge, is ontstoke oor die toestand van die P98/2 oftewel R522-roete, veral na sowat 300 millimeter reën in Januarie in die gebied geval het.
Oscar-verhoor gedeeltelik uitgesaai
Gedeeltes van Oscar Pistorius se moordverhoor mag gebeeldsend word, insluitend die opening- en sluitingsargumente, het die Pretoriase hooggeregshof Dinsdag beslis.
Geen beslissende uitspraak oor verhouding
Die Pretoriase hooggeregshof kon glo nie ʼn beslissende uitspraak lewer oor ʼn man wat ʼn dokter gedagvaar het na ʼn buite-egtelike verhouding met sy vrou nie.
ANC-raadslid geskors oor uitskot-betoging
Die ANC-raadslid Loyiso Nkohla is uit die party geskors ná sy betrokkenheid by betogings waartydens menslike uitskot gestort is.
Boek: Dinosourusse: Feite en geite
Die boek is humoristies en prettig om jong leser te vermaak, maar sal hulle ook help om allerhande interessante feite oor dinosourusse te verstaan en te onthou.
Agtjarige dood nadat skoolboelies haar aanrand
Die departement van onderwys in Gauteng sal die afsterwe van ʼn agtjarige dogter, wat glo by ʼn laerskool in Soweto deur drie skoolboelies doodgeskop en -geslaan is, ondersoek.
Die wonder van die Goddelike liefde
Ons kan die liefde nie volkome begryp nie, maar ons kan dit ook nie opsy skuif nie.
UB40 sê SA-toer is onwaar
Die musiekgroep UB40 het Maandag in ʼn verklaring bevestig dat hulle nie binnekort in Suid-Afrika gaan optree, soos adverteer word nie.
Radio-omroeper kry borgtog ná twee boeties sterf
ʼn Radio-persoonlikheid is op borgtog van R5 000 vrygelaat nadat hy Sondag glo twee boeties, wat op pad was kerk toe, omgery en van die toneel af gevlug het.
Merkel wil Palestynse staat bevorder
Die Duitse bondskanselier, Angela Merkel, wil tydens haar besoek aan Israel wat Maandag begin het, haar vir die totstandkoming van ‘n Palestynse staat beywer. Merkel het dié aankondiging voor haar vertrek na Israel gemaak.
Uitdrukking: Krokodiltrane huil
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die uitdrukking “krokodiltrane huil”.
Meer leë huise in Europa as dakloses
Meer as elf miljoen wonings in die Europese Unie staan leeg, terwyl sowat 4,1 miljoen mense in die Unie dakloos is, luidens navorsing wat die Britse koerant, The Guardian gedoen het.