Die Hennessey Venom GT is nou die vinnigste tweesitplek-sportmotor in die wêreld nadat ʼn topsnelheid van 435.31 km/h op die aanloopbaan by 5 km lange Kennedy-ruimtesentrum se aanloopbaan behaal is.
Lees meerAlles vir Donderdag 27 Februarie 2014
Dieet-advertensie moet teruggetrek word
Die Gesagsvereniging vir Reklamestandaarde (GRS) het beslis dat ʼn advertensie oor ʼn gewigsverliesproduk wat glo deur dokters aanbeveel word, teruggetrek moet word.
12 vas oor Kaapstad-betogings
Twaalf mense is Donderdag in hegtenis geneem in verband met ʼn onwettige diensleweringsbetoging in Kaapstad se middestad.
Versoek om Comrades-datum te skuif
Die Sakekamer van Pietermaritzburg (PCB) het die Msunduzi-munisipaliteit versoek om die datum van die Comrades-marathon te skuif.
Oscar Pistorius-moordverhoor: Staat vergader met Apple
Die staatsaanklaers in Oscar Pistorius se moordverhoor het glo ʼn vergadering belê met beamptes van die selfoonvervaardiger Apple om moontlik bewysstukke op die atleet se selfoon te bekom.
Video: Hitler se reaksie op Puk-groet
‘n Gebruiker het ‘n grappige video op YouTube gelaai wat kamstig Hitler se reaksie op Beeld se beriggewing oor studenteaktiwiteit by die Noordwes-Universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom uitbeeld.
Ooggetuies gesoek ná beweerde polisiebrutaliteit-voorval
Errol Smith, ʼn 50-jarige sakeman en inwoner van Roodepoort in Gauteng, is op soek na ooggetuies wat Woensdagaand ʼn vermeende polisiebrutaliteit-voorval in Randfontein gesien het, aangesien hy bekommerd is oor die welstand van die vermeende slagoffers.
Duisende ondersteun Solidariteit se dispuut teen Beeld
Duisende mense het Donderdag al aan Solidariteit se #propuk-veldtog deelgeneem om die beweging se dispuut teen Beeld te ondersteun.
Staatsgetuie nie beskikbaar in Burry Stander-saak
Die verhoor van die minibustaxibestuurder wat glo die Olimpiese bergfietsryer, Burry Stander, doodgery het, moes Donderdag in die Port Shepstone-landdroshof uitgestel word omdat een van die staat se kenners nie die verhoor kon bywoon nie.
Woord: karnallie
Taaltoffie ondersoek die herkoms van die woord “karnallie”.
Video: Bethal-man glo ʼn sadis
‘n Man van Bethal in Mpumalanga wat daarvan beskuldig word dat hy ses mans gehuur het om sy vrou te verkrag, is vantevore onskuldig bevind op aanklagte dat hy ‘n sesjarige meisie verkrag en onsedelik aangerand het.
Polisie moet miljoen heroïen-strooitjies toets
Meer as een miljoen strooitjies moet deur die polisie se forensiese-eenheid getoets word vir heroïne voordat ʼn verhoor teen 19 mans kan voortgaan, het die Pinetown-landdroshof Donderdag aangehoor.
Basson se roekelose joernalistiek
Ernst Roets van Afriforum verduidelik hoekom ‘Skiet die Boer’ nie dieselfde is as die Puk-eerstejaars se Prim-groet nie.
Onwettige betogings in Kaapstad
Die polisie van Kaapstad is Donderdag op volle gereedheid geplaas weens ʼn onwettige betoging in Kaapstad se middestad.
Lizz en Elzabé vier saam Nasionale Melktertdag
Melktert is so Afrikaans soos koeksisters, braaivleis, biltong en droëwors, en nou is daar boonop jaarliks ʼn Nasionale Melktertdag op 27 Februarie. Lizz Meiring en Elzabé Zietsman vertel ons van hul gunstelingresepte en -herinneringe.
Padwoedesaak teen Malema teruggetrek
Die Limpopo-polisie het Donderdag bevestig dat ʼn saak van aanranding en saakbeskadiging teen Julius Malema, die leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), en drie ander mans ná ʼn vermeende padwoede-aanval, teruggetrek is.
Derby-Lewis en Walus sterk in hospitaal aan
Clive Derby-Lewis (78) en Janusz Walus, wat Woensdag in die Pretoria Sentraal-gevangenis met ʼn skerpgemaakte kombuislepel aangeval is, sterk in die Pretoria Akademiese hospitaal aan.
Basson se roekelose joernalistiek
’n Mens sou verwag dat ’n nagraadse student in politieke wetenskappe die moeite sal doen om sy feite na te gaan voordat hy homself blootstel deur ’n byna volbladartikel in ’n koerant te publiseer.
Vrou sterf toe motor en twee trokke bots
ʼn Vrou is dood en ʼn man is in ʼn kritieke toestand ná ʼn ongeluk Woensdagaand tussen ʼn motor en twee vragmotors in Kempton Park in die Oos-Rand.
Voormalige minister van staatsveiligheid se seun beroof
Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof nadat die seun van Siyabonga Cwele, die voormalige minister van staatsveiligheid, by sy huis in Pretoria beroof is, het EWN Donderdag berig.