Drie mense is dood nadat swaar reën kitsvloede in Mpumalanga veroorsaak het.
Lees meerAlles vir Woensdag 5 Maart 2014
Huishulp vas na moord op bejaarde
ʼn Huishulp is in hegtenis geneem in verband met die moord op haar werkgewer se bejaarde ma, berig Rekord Centurion.
‘OVK sluit armes uit,’ hoor hof
Die groot deposito’s wat politieke partye aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) moet betaal om in die verkiesing te staan ontneem arm mense hulle grondwetlike reg om tot die politiek verkies te word, het die hooggeregshof in Pretoria Woensdag gehoor.
EFF-ondersteuner sterf buite hof
ʼn Ondersteuner van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) is Woensdag voor die hooggeregshof in Pretoria dood.
Polisiebeampte gekaap, beroof
ʼn Polisiebeampte is in Port Elizabeth in die Oos-Kaap beroof en gekaap.
Oscar Pistorius-moordverhoor: Restaurant-eienaars getuig oor geweerskoot
Jason en Maria Loupis, eienaars van die Tasha’s-restaurant in Melrose Arch, het Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof tydens Oscar Pistorius se moordverhoor getuig oor ʼn geweerskoot wat in Januarie in dié restaurant afgevuur is.
Foto’s: Wegholtrok rol, beland in Kaapstadse skoolgrond
Drie mans is beseer nadat ʼn vragmotor Woensdag gerol en in ʼn skool se atletiekgronde in Steenburg, Kaapstad, tot stilstand gekom het.
Foto’s: Barmhartige samaritaan red SA-egpaar tydens Zim-aanval
Don Percival, ʼn inwoner van Harare in Zimbabwe, het Maandag die Smith-egpaar van Suid-Afrika gered toe hulle deur drie mans aangeval is. Die mans wou glo hul voertuig steel.
Video: Simfonie met fietsonderdele
Die musikant, Flip Baber, ook bekend as Johnnyrandom, speel ʼn onkonvensionele simfonie deur fietsonderdele as musiekinstrumente te gebruik.
Taalnuus: Ek praat jóú taal: ATKV-meertaligheidsweek
Die ATKV nooi jou uit na die meertaligheidsweek wat van 26 tot 29 Maart 2014 by die Sowetokampus van UJ gehou word.
Foto’s: Oorstromings in Centurion
Nooddienswerkers en metropolisiebeamptes van die Tshwane-metro in Pretoria moes al die afgelope twee dae bontstaan nadat die Hennopsrivier in Centurion oorstroom het.
Oscar Pistorius-moordverhoor: Vriend getuig oor skoot in restaurant
Kevin Lerena, die professionele bokser, het Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof getuig oor ʼn skoot wat in die Tashas-restaurant in Melrose Arch afgevuur is.
Een dood in Brits-vloede; meer reën op pad
Meisie van Tonder (56) is dood en vier mense gered nadat voertuie Dinsdagmiddag deur vloedwater in Brits in Noordwes meegesleur is. Al 10 sluise van die Hartbeespoortdam moes ook Woensdag oopgemaak word nadat dit begin oorstroom het.
Video: Blinde vrou uit nudistesentrum geskop oor groot gidshond
Die video volg onderaan die berig. ‘n Blinde vrou wat in ‘n oord in Pasco, Florida woon waar die dra van klere opsioneel is, is…
Ontvoerde vrou veilig ná media daaroor berig
ʼn 22-jarige vrou wat Dinsdag in Johannesburg ontvoer is, is vrygelaat en weer veilig by haar huis.
3 moorde, 3 grondgrype, 2 aanvalle in KZN: Keer, sê AfriForum
AfriForum het Woensdag ʼn beroep op boere in KwaZulu-Natal gedoen om te begin organiseer en mobiliseer om reg te wees vir grondgrype.
Ruimtemanne gaan “videospeletjies” speel
Wanneer ‘n vragtuig van die Europese Ruimteagentskap (ESA) oor ‘n paar maande weer sowat vyf ton voorraad na die internasionale ruimtestasie neem, sal daar ook ‘n besondere “speelding” aan boord wees.
Video: Sweefbord dalk binnekort werklikheid
ʼn Video vir ʼn nuwe sweefbord is op YouTube gelaai en is die afgelope twee dae reeds meer as 2 miljoen keer gekyk.
Tiener verkrag glo 3-jarige in badkamer
ʼn 16-jarige tiener van Johannesburg is in hegtenis geneem nadat hy na bewering ʼn driejarige meisie in ʼn badkamer verkrag het.
E-tolsaak duur voort
Die DA se versoek dat wetgewing rakende die Gautengse e-tolstelsel ongrondwetlik verklaar moet word, duur Woensdag voort in die Wes-Kaapse hooggeregshof.