Zuma reageer op Puk-groet

Skermskoot uit ‘n koshuisgroet-video.

Skermskoot uit ‘n koshuisgroet-video.

President Jacob Zuma het Dinsdag by die Noordwes-Universiteit se Mafikeng-kampus sy skok uitgespreek oor berigte dat studente by dié universiteit se Puk-kampus in Potchefstroom glo die Nazi-saluut gebruik het.

“Die gebruik van gebare wat verband hou met Naziïsme word regdeur die wêreld veroordeel en is oorblyfsels van ʼn tyd wat gesimboliseer word deur verdrukking, vervolging en die ergste gruweldade wat in menslike geskiedenis gepleeg is,” het Zuma gesê.

Beeld het op 21 Februarie berig dat sommige studente tydens die Ontvangs- en Bekendstellingsprogram ʼn gebaar gebruik het wat herinner aan die “Sieg Heil”-saluut. Die koerant het foto’s van groepe studente by dié kampus gepubliseer.

Zuma sê universiteite moet verantwoordelike burgers en toekomstige leiers ontwikkel wat regverdig en vrydenkend sal wees en hulself beywer om ʼn samelewing te bou waar onverdraagsaamheid en ongeregtigheid nie toegelaat word nie. “Die ANC beskou die saak in ʼn baie ernstige lig en sal nie enige ongrondwetlike aktiwiteit aanvaar wat deur enige onderwys- en opleidingsinstansie gemaak word nie,” het hy gesê.

Zuma het bevestig dat Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, die saak ondersoek. -SAPA

Lees ook:
Duisende steun Solidariteit se dispuut teen Beeld
Puk-studente begin eie veldtog
Solidariteit v. Beeld lok vurige reaksie uit
Solidariteit se #ProPuk-veldtog
Puk-groet: Beeld reageer op Solidariteit se dispuut
Solidariteit: Bloedneus vir Beeld en Basson
Puk-groet: Departement sê koppe gaan rol
NWU-raad: ‘Ons sal nie menseregteskendings duld nie’
Puk-groet: NWU-bestuur moet dringend afgedank word – HETN
Premier reageer op Puk-groet
Puk-groet: Twitter-vermaak terwyl storm woed
Debat oor Puk-groet: ‘n G*tslag vir Afrikaans
Puk-rektor sê oor ‘Nazi-saluut’

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Eugene de Scally

Mnr. Zuma kan pure studentepret veroordeel en dit ongrondwetllik verklaar, maar oor belangrike sake soos plaasmoorde rep hy nie n woord nie. Ek daag Mnr Zuma om Plaasmoorde te veroordeel en n stelsel in plek te kry om Boere te beskerm.

JB

Sy “reaksie” was beslis soos ons verwag het. Hy moet hom eerder toespits op landsake! Nie dat dit gaan help nie!!

Eben

zuma bepaal jou by korrupsie en oor jou korrupte regering. Vertel ons oor zumaville hoe het jy daardie geldjies goedgekeur jy mos geweet …..

Vertel ons hoe veroordeel jy plaasmoord, komaan jou stortkop! ‘Sieg Heil’

Gert Strydom

@JB en @Eugene, daar nie genoeg leierskap vermoë om hom met ernstige sake te bemoei nie. Duidelik het hy nie die video gesien het nie. Kan ons nie maar gehoor gee aan Flip Buys se oproep nie: ” ’n Goed georganiseerde optog om positiewe steun vir Afrikaans te betoon, moet sterk oorweeg word. Afrikaanse studente hou nie van optogte nie, maar daar is sekere dinge wat die moeite werd is om voor te veg, soos die toekoms van ’n goeie Afrikaanse kampus waar studente nog in ’n veilige omgewing hoëgehalte-opleiding en ’n heerlike studentelewe kan kry.” Lees die artikel in… Lees meer »

kraalmuur

As jong Zulu-maagde kaalbors tradisioneel voor hul koning dans om hul maagdelikheid te bewys, mag jong wit (en swart) meisies nie voor hul PUK koshuis dans om hul lojaliteit teenoor hul prim en koshuis te toon toon nie?