R1 miljoen vir Olimpiese atlete ingesamel

Suid-Afrika se Olimpiese swemmer Tatjana Schoenmaker (Foto: @southafricasportimages en @Team_Mzansi/Instagram)

Atterbury en USN se Olimpiese medaljewenner-skarefinansieringsprojek, Spansaam, wat op Woensdag, 11 Augustus op Die GROOT Ontbyt op kykNET afgeskop het, het daarin geslaag om R1 050 000 in te samel. Spansaam is via die Atterbury Trust, ʼn publieke voordeel-organisasie (PVO), van stapel gestuur.

Daar was in die afgelope 10 dae meer as 100 inbetalings vanaf verskeie organisasies en individue. AfriForum het hande gevat met hierdie projek en net meer as R100 000, wat met hulle eie soortgelyke inisiatief ingesamel is, aan Spansaam oorbetaal.

Die amptelike oorhandiging van die bedrag vind op 9 September 2021 by USN se kantore in Centurion, Pretoria plaas. Tatjana Schoenmaker, Bianca Buitendag en hulle afrigters gaan almal daar wees.

Armond Boshoff, uitvoerende hoof van Atterbury, het bevestig dat Suid-Afrika se nuutste Olimpiese wêreldrekordhouer-swemsensasie, Tatjana Schoenmaker, R400 000 sal ontvang vir haar goue medalje in die 200 m-borsslagitem vir vroue en R200 000 vir haar silwer medalje in die 100 m-borsslag.

Bianca Buitendag gaan R200 000 ontvang vir die silwer medalje wat sy met haar branderplank in Tokio verower het.

Rocco Meiring, Tatjana se afrigter van die afgelope tien jaar, kry R150 000 en Greg Emslie, Bianca se afrigter, R50 000.

“Die oorblywende R50 000 word aangewend om ’n sportbeurs aan ’n opkomende atleet toe te staan,” het Boshoff bygevoeg. “Weens die oorweldigende positiewe reaksie van individue en organisasies, is besluit om Spansaam op www.atterburytrust.org te behou as ʼn platform van insameling vir soortgelyke inisiatiewe om in die toekoms te kan intree waar die regering tekort skiet, hetsy op die sport, kultuur of gemeenskapsfront.”

Albé Geldenhuys, uitvoerende hoof van USN, het almal wat mildelik bygedra het bedank vir hulle ondersteuning. “Sukses is belangrik vir nasiebou en hierdie medaljewenners is rolmodelle wat hoop skep vir opkomende jong atlete wat vir Suid-Afrika moet bly deelneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

FBS ·

Fantasties en baie geluk.
Waar is die Departement en die Minister met hulle politiek?

Jaco ·

Môre oormôre is ‘n insameling van geld vir arm wit mense in plakkerskampe nodig, en dan kom daar niks in nie, want R1miljoen is pas ingesamel en gegee aan 2 wit sportsterre wat nie eens arm is nie.

Jr ·

Wees eerlik hoeveel het u vir arm wittes gegee.??. Kyk wat mense ( Solidariteit en Afriforum doen vir hulle, dan sal jy miskien nie bitter wees nie. Daar is n Helpende fonds vir dit en hulle doen groot werk. Gun iemand iets.

JohanR ·

As die useless Saskok end die ANC goverment hulle kant gebring het, dan sou hierdie insameling van geld nie eers nodig gewees het nie! Wat sou gebeur het as SA sestien medaljes by die Spele gewen het?

Ria ·

Trots op my nasie. Dankue vir die instel van hierdie inisiatief, want sonder dit sal ons arme sportsterre hulle eie onkoste moet dek, terwyl die regering agterna met hulle “brag”

Aai ·

Julle sal sien dit gaan oor ras dit is hoekom daar nie geld is kom ons kyk wat gebeur as paralimpiese atlete terug is en wie het gewen.

Jannie van Niekerk ·

Jy slaan die spyker op die kop. Die sportminister is meer bekommerd oor simpel dorpsname as oor sportmense.

Jannie van Niekerk ·

Hoeveel het die minister van sport bygedra of het hy die geld aangewend om dorpe se name te verander?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.