R1,1 miljoen se dwelmmiddels by Laingsburg gevind

(Foto verskaf deur SAPD WEs-Kaap)

Polisiebeamptes het Maandag in die vroeë oggendure beslag gelê op dwelmmiddels met ʼn geraamde straatwaarde van R1,1 miljoen in Laingsburg in die Wes-Kaap.

Sers. Christopher Spies, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes van Laingsburg-polisie en plaaslike verkeersbeamptes is strategies in Voortrekkerweg ontplooi om voertuie na te gaan. “Hulle het omstreeks 02:40 ʼn Toyota Quantum-minibustaxi voorgekeer. Toe hulle die bestuurder nader om sy persoonlike besonderhede te bekom, het hy te voet gevlug.”

Tydens ʼn soektog van die voertuig het beamptes op 54 sakke dagga, wat 582 kg weeg, in die sleepwa van die taxi gevind. Een van die insittendes, ʼn 26-jarige vrou, is in hegtenis geneem toe die dwelmmiddels positief met haar verbind is.

“Die vrou sal na verwagting Dinsdag in die hof verskyn op aanklag van dwelmhandel,” het Spies bygevoeg.

Die bestuurder van die taxi is nog nie aangekeer nie.

(Foto verskaf deur SAPD WEs-Kaap)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

SomeOne ·

die vrou moet maar se waar die bestuurder is, waarom anders is sy in die taxi

Persheks Adri ·

Kry die gemors drugs van die strate af môre oor môre is dit 1 van ons kinders dan is die hel los

Regverdigheid ·

Dis goed kry hul in tronke maar onskuldige mense dood met hul drugs .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.