R40 miljoen vir ‘n lotto-wenner

lotto 2Die Nasionale Lotery het Maandag gesê die Lotto-boerpot beloop R40 miljoen.

“Een gelukkige wenner kan Saterdag die multimiljoenrandse boerpot wen,” het Duduzile Ndendwa, woordvoerder vir Gidani, die maatskappy wat die lotto bedryf, gesê.

Volgens Ndendwa het ʼn wenner in KwaZulu-Natal op 5 Maart ʼn boerpot van R12.1 miljoen gewen en ʼn speler van Gauteng het op 19 Maart R21 miljoen gewen. Sy sê die lotto het op 1 Maart sy 14de verjaardag gevier en R70 miljoen word vandeesmaand in boerpotte aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae