Die staat het Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof sy saak in die Oscar Pistorius-moordverhoor gesluit. Adv. Barry Roux het Dinsdag gefokus op die liefdevolle verhouding tussen Oscar en Reeva, en die staat het verwys na 11 misdade wat oor drie jaar in die Silver Woods-landgoed aangemeld is.
Lees meerAlles vir Dinsdag 25 Maart 2014
Drakensberg-wêreldrekord: Hulle het dit gedoen!
Ryan Sandes en Ryno Griesel het Dinsdag ʼn nuwe wêreldrekord opstel toe hulle die Drakensberg in minder as 42 uur oorgesteek het. Kyk ook na die interessante grafika onderaan die berig.
Zille besorg oor Woensdag se Kaapstad-protes
Inwoners van informele nedersettings hou Woensdag in Kaapstad ʼn optog na die Wes-Kaapse Wetgewer om ʼn reaksie te eis oor grond- en behuisingskwessies.
Griekwastad-moorde: Staat sê seun is skuldig
Die Noord-Kaapse hooggeregshof het Dinsdag gehoor ʼn 17-jarige seun het die Steenkamp-gesin op hul plaas aangeval, en niemand anders nie.
AfriForum begin met noodhulpopleiding
AfriForum begin vandeesweek met noodhulpopleiding as deel van die burgerregte-organisasie se gemeenskapsveiligheidstrategie.
SA-soldate bly langer in Soedan
President Jacob Zuma het die kontrak van 850 lede van die Suid-Afrikaanse Weermag in Darfoer, Soedan, verleng.
Griekwastad-moorde: “Verkragting en moorde hou nie verband nie”
Die aanklag van verkragting teen ʼn 17-jarige seun wat van die Steenkamp-gesin se moorde in Griekwastad beskuldig word, hou nie verband met die moorde nie, het die Noord-Kaapse hooggeregshof Dinsdag gehoor.
KZN-onnie geskors oor lyfstraf
ʼn Onderwyser van KwaZulu-Natal is geskors nadat hy glo lyfstraf toegepas het op leerlinge wat laat was vir skool.
Egipte: Honderde ter dood veroordeel
Altesaam 529 mense is Maandag ter dood veroordeel in ʼn hof in Egipte, en 700 persone wat glo ondersteuners is van die onttroonde president Mohamed Morsi het Dinsdag in die hof verskyn.
Drie vas ná Tarkastad-plaasmoord
Drie verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op die 87-jarige Lettie Rupping.
Derby-Lewis: DKD-beamptes het te stadig reageer
S’bu Ndebele, minister van korrektiewe dienste, het gesê beamptes het nie vinnig genoeg reageer om ʼn tweede aanval op Clive Derby-Lewis te verhoed nie, het The Star Dinsdag berig.
Vals Oscar-blad probeer geld invorder
ʼn Vals Facebook-blad genaamd “Oscar Pistorius Official” poog om geld van mense in te vorder, het die moordbeskuldigde atleet se woordvoerder Dinsdag gesê.
Hollywood skuur weer skouers met SA
Plaaslike akteurs gaan binnekort saam met Hollywood-sterre op die Suid-Afrikaanse silwerdoek te sien wees.
NWU dien klag in by Persombudsman teen dagblad
Die Noordwes-Universiteit het ʼn klag by die Persombudsman teen ʼn Afrikaanse dagblad ingedien.
Nóg ‘n klag teen Krejcir
Radovan Krejcir is aangekla van sameswering om moord te pleeg, het die polisie Maandag gesê.
Renosterstroop-verdagte in hof; voertuie verkoop vir misdaadeenheid
ʼn Voormalige polisiebeampte wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn sleutelman in renosterstropery is, het Maandag in die streekshof in Middelburg, Mpumalanga, verskyn.
87-jarige van Oos-Kaap dood aangetref
Lettie Rupping (87) van Tarkastad in die Oos-Kaap is Maandag in Whittlesea langs die pad tussen Mbekweni en Oxton aangetref.
Beetge wil nie inligting bekend maak nie
Tessa Beetge, die veroordeelde dwelmmuil, het die departement van internasionale betrekkinge versoek om geen inligting oor haar bekend te maak nie.
Platinum-staking: Banke se steun versoek vir nie-stakers
Pligsgetroue werkers wat nie aan die uitgerekte staking in die platinumsektor deelneem nie, word nietemin negatief deur Amcu se staking geraak, het Solidariteit Dinsdag gesê.
Mandrax van R2 miljard opgespoor danksy brand
Die polisie in Gauteng het beslag gelê op mandrax met ʼn geraamde straatwaarde van R2 miljard in Benoni aan die Oos-Rand, danksy ʼn brand wat by ʼn perseel uitgebreek het.