ʼn Video is op sosiale media vrygestel met verstommende beeldmateriaal oor mense wat noue ontkomings gehad het. Jy wil nie dié video mis nie!
Alles vir Dinsdag 25 Maart 2014
Koshuistradisies: Bekendes se mening
Wat het regter Edwin Cameron en wyle dr. Frederik van Zyl Slabbert en Beyers Naude almal gemeen? Behalwe dat hulle almal oud-Maties is, steun hulle koshuishuistradisies en billike ontgroening.
Rusland uit G8: SA steun Rusland
Vyftien jaar na Rusland as agste lid van die eertydse G-7 toegelaat is, en die Koue Oorlog iets van die verlede was, is Rusland weer weggelaat.
Baba met twee koppe sterf
ʼn Baba wat met twee koppe in Nelspruit gebore is, is oorlede, het die departement van gesondheid in Mpumalanga Dinsdag gesê.
R40 miljoen vir ‘n lotto-wenner
Die Nasionale Lotery het Maandag gesê die Lotto-boerpot beloop R40 miljoen.
Nuuskommentaar: Gaan ons verkiesing vry en regverdig wees?
Die SAUK word gereeld daarvan beskuldig dat dit ‘n geval is van “His master’s Voice.”
BFN-man vir bakkiesleutels doodgeskiet
ʼn 26-jarige man is Maandag in Rocklands in Bloemfontein doodgeskiet nadat hy nie sy motorsleutels wou oorhandig nie.
Geringe beserings na voertuig omslaan
ʼn Man het Maandag slegs geringe beserings opgedoen tydens ʼn ongeluk in Benoni, Gauteng.
Griekwastad-verhoor hervat
Die verhoor van ʼn 17-jarige seun wat van die moorde op die Steenkamp-gesin van Griekwastad beskuldig word, hervat Dinsdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof.
Oordeelsdag vir ‘moordenaar en verkragter’
ʼn 33-jarige man wat tereg staan op 57 aanklagte van onder meer moord en verkragting sal na verwagting Dinsdag in die Secunda-streekshof in Mpumalanga gevonnis word.
Verdagte in hof na treinongeluk
Die bestuurder wat van strafbare manslag aangekla word nadat ʼn trein in sy motor ingeploeg en die dood van drie kinders veroorsaak het, het Maandag in die Rustenburg-landdroshof verskyn.
Vrou vas na sy man se geslagsdeel byt
ʼn 39-jarige vrou van Soweto word van poging tot moord aangekla nadat sy ʼn stuk van ʼn man se geslagsdeel afgebyt het.
Gedagte vir die dag: Die geheim van die lewe
Psalm: 111:10- Om gelukkig te wees, moet jy die Here dien. Dit is die goue reël van die lewe. As jy dit doen, verstaan jy…