Dit volg op gerugte wat die ronde doen dat die raad oorweeg om Motsoeneng weer as bedryfshoof aan te stel. The Times het Donderdag berig ʼn konsepresolusie waarin Faith Muthambi, minister van kommunikasie, gevra word om Motsoeneng in waarnemende hoedanigheid aan te stel, sal in Oktober tydens ʼn raadsvergadering voorgelê word vir bekragtiging.
Volgens die koerant is die resolusie Maandag aan raadslede gestuur vir goedkeuring.
Die DA het die SAUK gevra om Motsoeneng se posisie by die uitsaaier te bevestig, asook wanneer hy aangestel is. Die party het ook gevra of iemand anders aangestel is om as bedryfshoof waar te neem en wie daardie persoon is.
“Die SAUK is tyd gegee tot Maandag 26 September om op ons versoek te reageer. Motsoeneng en die SAUK moet nou gehoor gee aan die uitspraak van die Wes-Kaapse hooggeregshof. Indien hulle versuim om dit te doen, sal die DA geen ander keuse hê as om die saak verder te neem nie,” het James Selfe, voorsitter van die DA se federale uitvoerende komitee, gesê.
Motsoeneng het glo Dinsdag “as ʼn gewone werknemer” vir werk aangemeld ná die appèlhof se uitspraak. Zola Majavu, sy prokureur, het gesê die raad moet besluit wat om met Motsoeneng te doen en sy kliënt sal nie verdere regstappe in die verband neem nie.
Regter Dennis Davies het verlede jaar in die Wes-Kaapse hooggeregshof beveel dat gegewe die negatiewe bevindings in ʼn ondersoek deur Thuli Madonsela, openbare beskermer, dit irrasioneel van Muthambi was om Motsoeneng permanent as bedryfshoof van die SAUK aan te stel.
Volgens Davies was Muthambi nie in die posisie om ʼn rasionele besluit te neem nie, aangesien die inligting voor haar “vaag en onduidelik” was. Madonsela het aanbeveel dat ʼn dissiplinêre proses teen Motsoeneng begin word nadat hy oor sy kwalifikasies gelieg het en onregmatig sy salaris verhoog het.
Volgens die DA, wat aanvanklik die aansoek gebring het, het die SAUK nou geen ander keuse as om Motsoeneng af te dank nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
18 Kommentare
Hier kom n tweede zuma geval hierdie land is in sy ……………..in!!!
Hoe op dees aarde kon die man in die eerste plek in die pos beland het? Hy weet duidelik niks van enigiets af nie! Waar is die demokratiese proses van werwing, aansoekdoening, sifting, ens. ens.? Hy is nog ‘n groter verleentheid as nr.1, as dit moontlik is!
Hy gaan soos zuma aangaan net soos hy wil terwyl Faith die minister is….as hy afgedank gaan word gaan hy ook een helse goue handdruk kry……….en verder ons belasting geld steel….hy gaan wen en die beslating betaler gaan weer verloor…
Tom jy so reg. Die land is dubbel en dwars in sy …… in. Met so no 1, al hierdie mense wat aangestel word in hoë posisies kan dit nie anders wees nie.
Hoe arrogant en dikvellig kan sommige mense nog wees?! Die hooggeregshof moet mag gegee word om onbillike en onregmatige aanstellings ter syde te stel wanneer korrupsie en bedrog gepleeg is om sodanige posaanstelling te verkry. Dis die enigste manier om van ongewenste elemente en bedrieërs wat diktator wil speel ontslae te raak.