“Ons beamptes het bevestig dat daar Suid-Afrikaners is wat in die Binne-Mongolië-streek van China gevange geneem is. Die helfte van hulle wag nou vir die volgende vlug terug huis toe. Die oorblywendes is steeds in China en konsultasies met die owerhede vir hulle vrylating duur voort,” het Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, gesê.
“Ons kan ook bevestig dat ons adjunkpresident [Cyril Ramaphosa], wat nie op ʼn staatsbesoek nie, maar ʼn amptelike besoek aan China is, die geleentheid gebruik het om die saak te opper. Slegs staatshoofde onderneem ʼn staatsbesoek.” Ramaphosa het Maandagoggend in Beijing geland.
Maroela Media het vroeër berig dat nege Britte en een Indiër saam met die tien Suid-Afrikaners in hegtenis geneem is ná ʼn toer deur antieke China. Hulle is glo beskuldig dat hulle terreurbande het.
Op ʼn vraag aan Nkoana-Mashabane of daar al vasgestel is wat presies die Suid-Afrikaners in China gedoen het, het sy geantwoord: “Is hulle regtig, regtig op vakansie? Die laaste keer wat ek gekyk het, is hulle ouer as 18. Gegewe die demokratiese beginsels van Suid-Afrika weet ek nie watter soort vakansie hulle gehou het nie. Ek is seker dit is ʼn interaksie wat vertroulik tussen ons konsulêre dienste en die onderskeie families plaasvind. Ek bid dat ons dit sal respekteer.”
Waar was hy toe Pierre Korkie aangehou is?
Me Nkoana-Mashabane, hoekom hulle ouderdom bevraagteken in due vraag na die “regtig, regtig” aard van hulle besoek? In Afrika en Palestiba is die gebruik van kinders vir terreur algemeen. Miskien was hierdie groep “regtig, regtig” met vakansie want hulle is ouer as 18?