Ramaphosa onttrek hom aan gesprek in ‘openbare belang’

Pres. Cyril Ramaphosa.

Pres. Cyril Ramaphosa het hom onder druk van burgerlike organisasies onttrek aan ʼn jaarlikse gesprek wat deur die radiostasie Power FM aangebied word.

Die gesprek genaamd Chairman’s Conversation sou Donderdag plaasvind waartydens die kwessie van die mishandeling van vroue bespreek sou word.

Die burgerlike organisasies Wise4Afrika en Soul City Institute het egter vandeesweek gesê indien die president ernstig is oor die land se geslagsgebaseerde geweldskrisis, sal hy nié aan die geleentheid deelneem nie aangesien Power FM-baas Given Makhari se vrou hom verlede jaar van aanranding beskuldig het.

Die egpaar is albei in hegtenis geneem nadat hulle strafregtelike aanklagte teen mekaar aanhangig gemaak het. Die saak is egter later privaat besleg.

“Die president het in die lig van kommer oor die geskeduleerde geleentheid ná deeglike oorweging besluit om eerder nié aan die gesprek deel te neem nie,” het Khusela Diko, Ramaphosa se woordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

“President Ramaphosa glo dat hy, soos elke ander Suid-Afrikaner, verantwoordelik is om alles in sy vermoë te doen om geslagsgebaseerde geweld te konfronteer, maar niks wat die doeltreffendheid van dié nasionale poging sal ondermyn nie,” het Diko verduidelik.

Volgens Diko is Ramaphosa wel bewus daarvan dat die Mkhari-egpaar Donderdag met verteenwoordigers van organisasies uit die burgerlike samelewing en senior amptenare in die presidensie vergader het. Dit waarop die partye ooreengekom het, het egter te laat gebeur om die president se deelname aan die gesprek te verseker.

“Die presidentskap benadruk dat Ramaphosa se onttrekking nie beskou moet word as ʼn bekragtiging van die ongetoetste bewerings wat deur die burgerlike organisasies geopper is nie, maar ʼn noukeurig opgeweegde besluit wat in openbare belang geneem is,” sê Diko.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Anoniem ·

Yes Mr. President. Withdraw from all radio talks and stop writing weekly letters. We are not in love you. We only want you to do your work as promised to all South African. “NO MORE CORRUPTION,NO FARM MURDERS OR ANY OTHER MURDERS,FOO AND HOUSING FOR THE PEOPLE, JOBS FOR THE PEOPLE, SCRAPPING ETOLL ECT. ECT. ECT. PLEASE START TO DO “NO MORE THIS MUST STOP AND THAT MUST STOP STORIES” TAKE THE BULL BY THE HORNS AND DO WHAT NEEDS TO BE DONE. THEN ONLY YOU WILL GAIN THE RESPECT AND LOVE OF THE NATION. THEN YOU CAN WRITE US LETTERS TO TELL US HOW WONDEFUL ARE THE PEOPLE OF SOUTH AFRICA.

Anne to CR ·

I agree with the above comment. Please deliver on your promises. We were so happy you became president. Please do not disappoint the people who believed in you. Start to take action Mr President. It’s the only way. Talk is cheap… do what is right. Don’t take expensive land people worked very hard to get. Don’t allow abuse and racism in ANY way, shape or form. You’re so intelligent. You know you can unite our country. You are in the privileged position to do so. Pray to God to help you.

André-Chris ·

‘n Onderonsie tussen man en vrou wat effe warm geraak het, en nou word dit aan geslagsgeweld gekoppel. Dankie fluitjieblaser jy is van onskatbare waarde.

Arie ·

Ek wens hy wil onttrek aan die land, hy is totaal ruggraat loos

André-Chris ·

Dis vandag Black Friday, kom ons gaan jag winskopies en gee die ekonomie so ‘n hups-stootjie.

Judge Dredd ·

Ja, maak onnodige skuld.
Hoe is dit nou weer goed vir die land?

Jim ·

Dis reg Danien, vertel hom ! Skree op hom in hoofletters, dalk luister hy en verstaan jy is ernstig.

Judge Dredd ·

Net vir die rekord – die oorgrote meerderheid geweld word deur mans teenoor ander mans gepleeg.

sdp ·

Ek is self n vrou. Nou wat van vroue geweld teen kinders? teen mans? vrou teen vrou? man teen man? kinders teen ouers? Waar trek jy die streep?

Sarie ·

Korrek! Alle geweld moet stop. Vandag se kind is dalk more se boer en dan is dit maar reg as hy vermoor of gemartel word. As Cyril werklik in belang van alle mense van hierdie land wil optree en nie net vir die ANC en sy ou possie nie, mag hy dalk ontdek dat baie blankes insluitende Arikaners bereid sal wees om vir hom te stem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.