Ramaphosa praat (weer) met Zelensky

Oekraïne se pres. Volodymyr Zelensky (Foto: Oekraïne dept. van verdediging/AFP)

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag weer ʼn telefoongesprek met die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, gehad, waarin albei leiers hul gedeelde begeerte vir ʼn vreedsame oplossing van die Russies-Oekraïense konflik bevestig het.

Vincent Magwenya, woordvoerder van die presidensie, sê die leiers het ook die smee van nouer bilaterale bande tussen die twee lande bespreek.

Dit is nou al twee jaar sedert Rusland die Oekraïne ingeval het, en die oorlog toon geen teken van ʼn einde nie.

Die ANC het tot dusver geen geheim daarvan gemaak dat hy Rusland in die oorlog steun nie, hoewel pres. Ramaphosa deurlopend aanvoer dat Suid-Afrika wil help om vrede tussen die twee lande te bewerkstellig.

“Ramaphosa het Suid-Afrika se volgehoue ​​aktiewe betrokkenheid by die Afrika-vredesinisiatief en deelname aan die Oekraïne-vredesformule – wat op die vlak van nasionale veiligheidsadviseurs gehou word – bevestig,” sê Magwenya.

“Ramaphosa het ook Zelensky se verbintenis tot die herlewing van die Swartsee-graaninisiatief verwelkom en albei leiers het onderneem om voort te gaan om saam te werk in dié verband.

“Die leiers het daarna oor die voortslepende konflik en humanitêre krisis in die Midde-Ooste gepraat. Ramaphosa het sy diepe kommer oor die vinnige eskalasie van die konflik, asook die ongekende vlak van vernietiging en die tol op menselewens te kenne gegee.”

Magwenya sê Ramaphosa het Suid-Afrika se oproep vir ʼn onmiddellike beëindiging van die geweld herhaal, asook vir die terugkeer van gyselaars en vir dringende opening van humanitêre korridors.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Veldskoen ·

Ramaphosa het seker ‘n nuwe wasmasjien of twee gekoop by Zelensky.

annie ·

Spaar ons uit! Zelensky sal seker binnekort hier kom uithang noudat hy nie na Israel mag reis nie. Gaan hy vir John en Cyril kom kuier? So sal die aanstoker van slegte verhoudinge en oorlog in die Midde-Ooste weer op al die verhoë en tv-skerms aandag kry. Zelensky sal tweespalt in SA verder aanwakker… Wag en sien!

Harley Davidson ·

Net soos Israel is die Oekraïens die verdediger nie die aanvallers nie en Ramaposa se “land” is besig om tot niet te gaan en hy hou hom besig met ander lande se konflik.

Kokerboom ·

Die president moet hom liewer bepaal by krisisse in sy eie land!

Lettie ·

Ramaphosa please keep your own country problems in mind before you try to prevent problems of other world wide incidents.

Gaitsigubib ·

Op ‘n stadium gaan die tyd verby gaan om vir vrede te wil onderhandel. Maart/ Apil 2022 gaan Putin tot teen Kyiv en val weer terug as deel van n moontlike ooreenkoms om die 4 state in die Ooste in te lyf by Rusland. Borris Johnson gaan maak doodseker die ooreenkoms sien nie die lig nie en almal klap hande want Rusland “veroor” kastig. Noudat die VSA besig is in Israel, begin Putin grond inneem in die Noorde, nie ver van Kyiv. Om nou te onderhandel gaan nie so maklik wees nie. Rusland en China het stil stil hulp (militere hulp) aan mekaar belowe, so week gelede. Rusland, China en Indie se infantry is groter as die res van die wereld se gekombineerde magte. Dalk kom ons nog iewers in die middel van die gemors. Dis maar net iets om aan te herkou.

Amelia ·

In suid afrika is nie eers oorlog nie maar als is ook vernietig weet regtig nie wat sal gebeur indien hier wel n oorlog is nie

Gaitsigubib ·

Amelia begin jou van met n Q?
Ek verduidelik:

Die Zues kannaal sal gesluit word en die Kaap sal weer die belangrikste seeroete in die wereld word. Almal weet op watter Perd Mr Winde en sy span gewed het, want hy weet nie wanneer om eerder stil te bly nie. Die stuk water gaan gemoniteer word uit die Kaap uit en daardie plek van observasie gaan n teiken word van die een of die ander. Jy sien wat maak Israel as hulle nie weet van waar presies die vuurpyle kom nie? Ek hoop nie dit gaan so ver nie, en moennie betrokke raak nie, sou my raad wees.

Riette ·

Dit is nog nie twee jaar nie, die oorlog het in Februarie 2022 begin.

Menan ·

Die oorlog is nie twee jaar nie. Hulle het begin op 24 Februarie 2022. Dis een jaar en sewe maande wees op die 24ste van hierdie maand.

Hendrik ·

Die anc se sg president moet tog daarmee staak om sy lyf as internasionale vredemaker te hou en begin besef dat dit meer noodsaaklik is om die wereld in te lig rakende dit wat in sy eie land gebeur. Die eintlike motief vir vrede gaan daaroor dat die geld eerder in Afrika, SA ingesluit, bele moet word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.