Ramaphosa spreek weer die land toe

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

President Cyril Ramaphosa sal Sondagaand om 20:00 weer die land toespreek oor verwikkelings in die land se reaksie op die Covid-19-pandemie.

Die president se toespraak volg ná vergaderings met die nasionale koronavirusbevelsraad, die president se koördinerende raad en die kabinet.

Die president sal na verwagting verwikkelings oor die nuwe variant, Omikron, bespreek asook reisbeperkings wat intussen deur ander lande teen suidelike Afrika ingestel is.

Die Restaurantvereniging van Suid-Afrika (Rasa) het vroeër aangedui dat hulle dringend met die president wou vergader teen enige verdere inperkings vir die bedryf.

Die toespraak sal regstreeks uitgesaai word en ook op hierdie berig op Maroela Media beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Erik ·

Ten minste kan hy nie die skole toemaak nie, want dis byna vakansie. So moeg vir hierdie speletjie.

Shakespeare ·

As mense stiptelik bly by die huidige protokol dan hoef niks te verander nie maar ek glo die patetiese bevelsraad gaan weer die dam onder die eend uitruk. Nêrens kan ek sien wie die lede vd bevelsraad is nie. Almal skimme ??? Selfmoord neem ook drasties toe met werkloosheid van seker al meer as 40%. met ‘n skerp groei van kriminele en anargie.

Stephen ·

Sekerlik Dlamini Zuma. Haar vriendskap met die onwettige sigaretsmouse welbekend.

KB ·

“As….”
“As die hemel val, dra ons almal blou mussies”…
Ek glo niks wat die “bevelsraad” sê nie. Hulle sê A en die president sê B, net sodat die “kopdoek” dit omswaai na C…
Die hele palawa is ‘n siek sirkus.

JohanR ·

Nkosazana Dlamini-Zuma spreek weer die land toe Sondag aand, deur haar spreekbuis Cyril Ramaphosa!

Mercia ·

Die probleem is juis om na die res van die “wêreld” te kyk as riglyn of rigtingwyser en heeltemal bo-oor die verval te kyk wat hulle besluitneming besig is om te veroorsaak. Ons is nie eers in dieselfde klimaatstoestande of op dieselfde ekonomiese bladsy nie.
Met al hulle drastiese drakoniese stappe wat jy nou applous gee, het hulle nóg hoër infeksiesyfers, opstande en verval as voor al hulle ” reddings-strategieë”
Sodra mense in magsposisies vir jou sê dat die verval van jou vryheid en die sisteme wat tot dusver die fondasie van die samelewing was, vir álmal se beswil is, is dit tyd om te bevraagteken watter “beter lewe” hulle kwansuis vir jou ingedagte het.

annie ·

Wat dalk ‘n ligte skok vir die regering moes wees is dat die buiteland ons ook maar as nog ‘n donker-Afrika land eien… en nie Westers en ontwikkeld soos hul gehoop het nie. Ons vigs-syfer is van die hoogste in die wêreld soos tering en die staat se mediese dienste is swak. En met leeus wat snags in die strate rondloop, soos uitlanders dikwels nog glo, is hul groot-skrik verstaanbaar. Miskien, as hul kan, moet ons regering sy sokkies optrek en die vele hulp en pledges aanwend vir vooruitgang.

VaalDonkie ·

Ek het twee bottels rum, een bottel gin, en ‘n halwe bottel brannewyn. Cyril kan maar sluit as hy wil.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.