Ramaphosa wil korrupsie in gesondheidsektor uitroei

Pres. Cyril Ramaphosa tydens Dinsdag se bekendstelling van die forum. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag ʼn teenkorrupsieforum vir die gesondheidsektor by die Uniegebou in Pretoria bekend gestel en het gewone Suid-Afrikaners, burgerregtegroepe én die media gevra om die vlaag bedrog en korrupsie in die sektor vreesloos te help pak.

“Ek wil alle nieregeringsorganisasies bedank wat die regering op sy tone hou. Ek wil julle aanmoedig om, waar die regering tekort skiet, ons op ons tone te hou omdat julle dit namens die mense van ons land doen. Ja, julle in die media ook. As daar voorvalle van wanbestuur en korrupsie is, moet julle nie stilbly nie. Ons moet hierdie goed aan die groot klok hang,” het Ramaphosa gesê.

“In ons pogings om Suid-Afrika op te ruim en te verseker die land is korrupsievry, het ons deursigtigheid nodig. Ons soek verantwoordbaarheid en dié ooreenkoms gaan die hele proses ʼn hupstoot gee. Aan diegene in die strafregstelsel wat hier teenwoordig is: hou aan om julle werk sonder vrees, vooroordeel of guns te doen. Ons moet die gesondheidsorgstelsel regruk.”

Die forum is ʼn samewerkingsprojek tussen verskeie belanghebbendes in die stryd teen bedrog en korrupsie in die gesondheidsorgsektor. Dit sluit wetstoepassingsagentskappe en burgerregtegroepe in.

Dit is op die been gebring ná die ondertekening van ʼn ooreenkoms verlede jaar wat die regering en sy maatskaplike vennote daartoe verbind om die land se sukkelende gesondheidsorgstelsel reg te ruk.

Ramaphosa het gesê die private en openbare gesondheidsektor is vatbaar vir bedrog en korrupsie weens die groot en wisselende getal transaksies vir goedere en dienste. Die bedryf word ook geteister deur onder meer bedrieglike bestellings, tenderongerymdhede, omkopery, opgeblaaste pryse, swak bestuur en mense wat vervalste kwalifikasies voorhou.

Suid-Afrikaners sukkel boonop om toegang tot selfs net basiese mediese dienste te kry.

“In die maande voor die nasionale verkiesing het ek oor die land gereis en met baie mense gepraat en besef wat hulle daaglikse uitdagings is. Dit was sleg – en dit moet vir elke burger in dié land ook sleg wees – om te hoor hoe dié mees basiese reg, toegang tot basiese gesondheidsdienste, deur korrupsie geraak word.

“In sommige dele van die land word mense gedwing om méér te betaal as die amptelike fooi vir toegang tot sekere mediese behandeling, óf hulle moet betaal vir dienste wat eintlik gratis is.

“Op sommige plekke word ouers of bejaardes weggewys omdat dokters en verpleegkundiges tydens werksure elders gaan werk. Dít, terloops, is korrupsie. Hulle doen dié ekstra werk en verwaarloos die pasiënte na wie hulle eintlik moet omsien.”

Ramaphosa het gesê in ander gevalle word staatshulpbronne en eiendomme, waaronder hospitale en klinieke, uitverhuur.

Verskeie ministers, LUR’e, wetstoepassers en nieregeringsorganisasies het die bekendstelling van die forum bygewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

piper ·

bla bla bla. praat net en doen niks. wie is al ooit tronk toe vir korupsie. al die dinge by die zondo kommiesie en al die vorige kommiesies word noks aan gedoen nie.

Waarheid ·

Ag asseblief jy kan nie eers jouself uitroei nie.
Wat nog iets anders?
Hoeveel is al tronk wat korrup is en was?
En die geldjies wat JY ontvang het?
Sorry pel ek het geen respek vir jou nie want jy beteken niks en is n leuenaar.

Abe ·

Waarheid,
Jou Afrikaanse sinskonstruksie en taalversorging is skaars aanvaarbaar, ek is nie seker of jy in n posisie is om die president aan te vat as hy n opregte poging aan wend om n verbetering teweeg te bring nie. Ek dink dit is n prysenswaardige poging aan sy kant.

Johan ·

CR moet by die staatshospitale begin. Dis waar die meeste korrupsie voorkom. Ek dink dis maar praatjies om die staats-oorname van die private gesondheidsdienste te regverdig….

Ig ·

Dit is duidelik dat hy iewers begin??? Die is die beste grap van 2019 tot dusver. Die ondersoek gaan seker 3 jaar neem en dan nog 5 jaar voordat iemand dalk vervolg sal word en onskuldig bevind word daarna lol

Thys ·

Ramaphosa wil. Maar doen nie! Na byna 2 jaar is nog nie n enkele korrupte afgedank, of toegesluit nie. Ramaphosa wou, maar het nie!!

Sê maar net ·

Ek hoop Ramaphosa gebruik hierdie selfde mediesel sorghum wat hulle implementeer sou hullr siek word. Sal graag wil hê hulle moet hulle brouwerk aan hulle eie vele voel. Ek voe net as dit vir my goed genoeg moet wees…Dan moet dit vir al die ANC ook goed genoeg wees. MAAR NEE …HY SAL SEKER CHINA TOE GAAN VIR MEDIESE BEHANDEL ING.

Peet ·

Oom Sarel Ramapos. Daar is ‘n ou gesegde wat sê :
“Charity begins at home”. Los eers die probleme in eie geledere op insluitende die lang vingers, dan sal ons oorweeg om jou intensies ernstig op te neem. Julle speel nou met die mees kwesbares in die land – van alle kleure.

Ag Asseblief! ·

Lagwekkend. Dis beter om te emigreer as om elke dag in sulke gemors vas te kyk.

SjN ·

Foto lyk soos aasvoëls wat wag vir die prooi, en dit is ????

Dries ·

Die hele ANC is korrup ou cr jy wil ook maar net iets se pleks bly jy net stil

KrokodilBotha ·

Hy is Zuma se skaduwee gewees, nou is hy nommer een. Hahaha

Waarheid ·

Hi Abe aan wend is een woord.
Aanwend.
Help jou graag reg en dankie vir jou kommentaar ek waardeer dt.

Regs! ·

As die ANC regering en al hulle ondersteuners maan toe vlieg en daar bly sal die korrupsie eers ophou.

Johan ·

Ramphosa wil SA in ‘n kommunistiese afrika staat verander, net soos sy terroriste anc al in die 70’s wou doen…

Chris Ws ·

Die president is so onnosel hy kan nie eers agterkom dis 1Oktober en NIE 1 April nie!ha-ha!Hy is lagwekkend!Kry vir jou NAR no 1.

Mrs Rottenmeier ·

Taallessie vir Abe: Ai en dan sê die pot sowaar die ketel is swart.;
1) dit is ”aanwend” en nie aan wend nie.
2) dit is ‘n prysenswaardige poging ”van” sy kant “af”.

George in Bloem ·

“The road to hell is paved with good intentions”.

SêmaarNetEen ·

Miskien moet hy maar eerder voor sy eie kabinetsdeur begin vee..

Peter holmes ·

Kommissies van ondersoek, taakspanne, witskrifte, groenskrifte, pienkskrifte. Maar niks verder nie. Want die mense wat die ondersoeke moet doen is self almal korrup!!!!Banana Republic op sy beste.

Andre ·

Ramaphosa gaan……….
Ramaphosa wil……….
Ramaphosa se ………
Ramaphosa : Wanneer gaan jy iets doen ?

Eish ·

Ek WIL 20kg verloor. Oor n jaar het ek dit steeds nie reggekry nie. Mnr die President, hou op om ons te vertel wat u WIL doen. Doen wat gedoen moet word en vertel ons dan later wat u reeds gedoen het.

Johanna Botha ·

Praat en praat en praat en almal loop nog vrylik rond ….die anc is n grap man !

Sarel ·

Just do it. Daarna rapporteer jy wat gedoen is. Jou planne word net nie uitgevoer nie.

potlood ·

Wat hy regtig se is, ons gee julle krims ‘n kaans om julle sake in orde te kry want ons weet van julle… skuif aan… pffff

Realis Thailand ·

Corruptcr sal net so min as die man in die maan die korrupsie uitroei.Hy is dan dee lva ndie korrupsie
Laat hy eers se waar is die geld van sy seun .Die twee miljoen Rand en waarvoor dit was
Hy is te veel van n papbroek om iets te kan doen en het by zuma geleer hoe om te lieg

Anoniem ·

My hart is so seer. My huishulp het ‘n sekondêre bakteriële infeksie en het antibiotika nodig. Ek kan ongelukkig nie self vir haar antobiotika by die apteek koop nie, want ‘n voorskrif is nodig. Ek laat weet haar sy hoef nie te kom werk nie, gaan liewers kliniek toe en kry medisyne. Sy sê die kliniek gee net Panado vir grootmense. Die ander medisyne word gehou vir die kinders. Sy is van Hammanskraal.

Hennie ·

Miskien moet ons vir die knol ‘n besem koop sodat hy eers die trolle uit sy kabinet kan weg vee. Die etters het die vermoë om alles op te flok wat reg werk in die land. Is dit omdat hy pigment overload het?

Gert van Wierdapark ·

Hy wil baie dinge uit-roei, maar as jy nie spane het om mee te roei nie, trap jy net water mnr die Pres!

Mm ja nee ·

Dis al wat ek ook sien, wil, sal, gaan, en allerhande mooi praatjies….. Geen aksie, geen manier om vordering te meet…. En soos n vorige persoon gese het, n hele rits vorms met allerhande kleure van die reenboog…..beste is seker maar om net te lag.

wraggies ·

Wat van Esidimeni, sondebokke nog steeds nie vasgevat nie, begin daar al die getuienis is al afgehandel, wat hinder jou?

Anoniem ·

Al wat mens hoor is Ramaphosa wil dit en wil dat. Mnr die president word wakker mense soek nie wil nie maar doen. Mense soek ook nie weeklikse dag blaadjies nie hulle soek werk,behuising en kos op die tafel,dus hou jou mooi praatjies en begin iets doen want jy praat en praat en klink soos n papegaai. Kry jouself in rat en staan soos n president en lat waai met jou sambok en raak onslae van jou korrupte mense in jou kabinet. Jy weet presies wie hulle is maar jy loop soos n perd met oog klappe. Al wat ek in jou sien is n smooth talker en ek sal jou nie erkenning gee as my president tot en met jy daadwerklik optree.

Dries du Toit ·

Ek wonder hoeveel keer het ANC die woorde,ONS SAL en ONS WIL ,die afgelope 25jr gebruik.En hoeveel keer het hulle,ONS HET,kon sê.Ek glo lg loop so ietwat agter.Kyk,met planne maak is hulle goed,maar uitvoering van daai planne,NEVER.Dit sit ongelukkig nie in die afrikaan se bloed nie.Kruisig my maar.

Michael P ·

Hoe kan hy dit wil uitroei as hy dan deel is van dit Dit is dan hulle beleid.

gatiep ·

Ek sal nooit weer vertoue kan he in politiek,media of enige regstelsel nie.
Om waarheid te se ek vertrou niemand meer nie,nie eens my eie famielie nie.
Die ou sal ek nooit ooit kan vertrou nie.

J ·

Plaas hy sommer by top 6 in ANC begin, dan sal hy vordering maak, maak v bo af skoon, sal skrik hoeveel bedank self as mainbrain gefire word

Henry ·

CR jy is so ver van jou tone af sal dit nie eens raak skiet met n G7 nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.