Ramaphosa woon Mnangagwa se inhuldigingseremonie by

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa vertrek vandag (Maandag) op ʼn werksbesoek na Zimbabwe om die inhuldiging van pres. Emmerson Dambudzo Mnangagwa by te woon.

Maroela Media het vroeër berig die 80-jarige Mnangagwa is vir ʼn tweede termyn as president verkies met 52,6% van die stemme op hom verenig, teenoor die 44% wat Nelson Chamisa, sy grootste teenstander, getrek het.

Ramaphosa het die regering en die mense van Zimbabwe met “die harmoniese verkiesing om die nasionale vergadering en plaaslike regeringsverteenwoordigers te verkies” gelukgewens.

Buitelandse waarnemers het egter gesê die verkiesing het nie aan streek- en internasionale standaarde voldoen nie.

“Suid-Afrika is bewus daarvan dat hierdie verkiesing in ʼn moeilike ekonomiese omgewing plaasgevind het weens die swaar sanksies wat die mense van Zimbabwe steeds onregverdiglik verduur,” het Vincent Magwenya, Ramaphosa se woordvoerder, vroeër in ʼn verklaring gesê.

Ramaphosa sal deur Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, vergesel word.

Mnangagwa se inhuldigingseremonie sal in die nasionale stadion in Harare plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

christo ·

Desstyds met CR17 het ek gesê dat ‘n man wie se verkiesingspan, mense moes omkoop vir stemme, is skelm. Hy veronontskuldig homself en is ‘n ontberoubare ANC president. Hy is nie die titel van die President van die Republiek van SA werd nie.

hpven ·

Gekookte en korrupte verkiesing word ‘n “harmoniese” verkiesing genoem! Nou het ek alles gehoor, soort soek soort…

Gert ·

My gevoel is dat daar n patroon aan die gang is. Net soos die Amerika om die bos gelei was met hul verkiesing het dit ook nou in Zim gebeur. Is dit wat ons verwagtend moet wees vir ons eie 2024 verkiesing?

Althes ·

Ons moet maar op ons knië bid, bly en glo en vertrou. Zimbabiers het te lank geneem om die mag van die Zanu PF te breek.
Lande moet keer dat ñ party of individu te magtig raak en gelukkig die Bybel leer ons dat onderduimdshede ook tot ñ end kom.

Carolina ·

Afrikane het ongelukkig by die beste – amerikaners – geleer van korupsie!

Harley Davidson ·

Wat n embarrassing verskoning vir n leier is die man nie vir sy land en mense nie.

Amelia ·

ramaphosa gaan gelukwens en hoeveel zimbabeers is in suid afrika en dit vir n onregverdige verkiesing (soos ek verstaan) nee wat ek sou nie eers moeite gedoen het om gelukwensing oo rte dra nie

melaney ·

Hulle gaan mekaar gelukwens, al het Suid Afrikaners nog nie gestem nie. ramaphosa is baie selfversekerd oor anc se oorwinning volgende jaar.

Pieter9 ·

En dit is net tande en hande vashou; comrade-liefde op die vasteland van die bakhande.

GWS ·

Deur sy dade wys hy presies wie hy is!!! Niks om op trots te wees nie! Ag nee man!

JohanR ·

Ek begin wonder of Ramaphosa ‘n gewete het, of bloos, of skaam kry?

Cassie Carstens ·

Wat ‘n klap in die gesig van demokrasie. Lykj my die hele ANC is ideologies
sienende blind.

Kobusnutz ·

Die aanvaarding van die Zimbabwe verkiesing uitslae wat ooglopend korrupt was, spel niks goeds van SA se menseregte posisie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.