Ramokgopa praat vandag met parlement oor energie-aksieplan

Kgosientsho Ramokgopa (Foto: GCIS)

Die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, sal Donderdag ʼn uitvoerende verklaring aan die voltallige sitting van die Nasionale Vergadering (NV) lewer oor die energie-aksieplan en beurtkrag.

Dit volg op sy brief aan die speaker van die NV, Nosiviwe Mapisa-Ngqakula, waarin hy toestemming vra om die parlement toe te spreek. Dit is ingevolge reël 133(1) van die Nasionale Vergadering se reëls, rakende die energie-aksieplan-aktiwiteite en kort- tot mediumtermyn-ingrypings om die intensiteit en frekwensie van beurtkrag te beperk.

Moloto Mothapo, woordvoerder van die parlement, sê die minister sal met sy verklaring fokus op die verlammende ekonomiese uitwerking van beurtkrag, die werkverrigting van die geïnstalleerde Eskom-kapasiteit en ingrypings rakende die nasionale energiekrisis.

“Reël 133(1) bepaal dat ʼn kabinetslid die speaker kan versoek vir ʼn geleentheid vir daardie kabinetslid om ʼn feitelike of beleidsverklaring met betrekking tot regeringsbeleid, enige uitvoerende optrede of ander soortgelyke aangeleentheid te maak waarvan die parlement ingelig behoort te word,” sê Mothapo.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Bite Me ·

Dit is goed om ‘n plan voor te le, MAAR die vraag is of dit deurgevoer kan word? Ek maak elke maand nuwe planne om kop bo water te hou, maar dit werk ook nie altyd lekker nie!

annie ·

Maar ons verkoop krag aan Gabarone… Hoe so? Ons sit in die donker en Eskom spog in buurlande. Wie kry nog krag van ons? Skielik weet dié man alles. Hoekom het die ANC nie al lankal hierdie alwetende aangestel nie. Ons probleme gaan glo voor die verkiesing in 2024 opgelos wees. Ons wag.

Manie ·

Die probleem is Eskom het geld nodig en Botswana betaal hopelik hulle rekening, terwyl etlike munisipaliteite in SA dit nie doen nie. Vanuit ‘n besigheid oogpunt gesien, sou ek dieselfde doen. Voorsien aan goeie debiteure en knyp die slegte debiteure, dis ongelukkig hoe besigheid werk.

Republikein in die Wes Kaap ·

Goeie antwoord! Maar sosialistiese sienings beduiwel soms ons logika.

Casper ·

Wat gaan Ramokgopa vir die parlement sê oor die verligting van beurtkrag,net mooi niks.Hoe gaan hy die skielike ineenstorting van byna 50% kapasiteit verduidelik as hy sê daar is geen korrupsie of sabotasie by kragstasies nie.Die mense van SA is keëlvormige om tot 18 ure per dag sonder krag te wees.By ons saam met munisipale beurtkrag is dit tussen 13 en 18 uur per dag.

Amelia ·

en dan breek yskas ens en jy sit met nog goter probleem as jy nuwe een koop kry hul mos nog daai belasting geld ook dis net te erg solank sonder krag

TheSnake ·

Om te dink dat daar miljoene solar geysers in die land is en miljoene mense wat al op solar stelsels gesit is. Ergste, die hele land is op LED ligte wat feitlik geen krag gebruik nie. En nog steeds is die land op fase 6! Die werklikheid is, daar word eintlik feitlik geen krag meer opgewek deur Eskom nie!

Republikein in die Wes Kaap ·

Jaco en Manie moet vir hulle kom verduidelik wat het nou eindelik gebeur.

Manie ·

Korrek Jaco, as jy ‘n 60 watt gloeilamp met ‘n 5 watt LED gloeilamp vervang het, beteken dit dat die 5 watt gloeilamp in 12 ure dieselfde krag gebruik as wat ‘n 60 watt gloeilamp in 1 uur gebruik. Jou stelling is absoluut in die kol.

Papsak ·

Ag asb watse planne het hy nou weer kastig hy kan niks reg kry nie pateet hy saboteer saam daar hou op krag gee vir ander lande dan sal ons nie loadshedding nodig het nie maar hy en almal daar kry te veel geld en doen niks nie

Kokerboom ·

Die man is ‘n rookskerm om valse gerusstelling te skep. Niks wat hy se weet ons nie alreeds! So wat is sy doel en funksie. Die ANC is eksperte in praat en herhaling SONDER om oplossings te verskaf en te DOEN!

Republikein in die Wes Kaap ·

Dieselfde stories toe hy destyds Tshwane se burgermeester was. Ou kalant.

Herman L ·

Net soos sy mede kaders dink hy ‘n mens kan probleme reg praat en sodra daar ‘n plan bekend gemaak is, verdwyn die probleem! Die enigste nadeel van die strategie is dat dit na amper 30 jaar nog steeds nie werk nie. Hulle sal nooit leer nie, want hulle dink net aan hulle eie sakke.

domheks ·

Praat, praat, praat en praat. Niks word GEDOEN nie net praat….

Samuel ·

Weereens gaan hy niks sê wat sin maak of geloofwaardig is nie. Hierdie is maar net window dressing.

Sobymykoolkop ·

Gaan soos sy president maak. Baie praat en eintlik niks sê nie.

Frank ·

Ek is trots om aan te kondig dat die apartheids beurtkrag probleem opgelos is want vandat ek minister geword het kry ek glad nie meer beurtkrag nie

Suzette ·

Kyk hier, hy beter met ‘n goeie werkbare plan vorendag kom en dit so gou as moontlik uitvoer, want die vet weet, as my man nog een dag my verskree omdat hy kwaad is vir Eskom, vat ek hom en sy hele gespuis hof toe vir emosionele mishandeling.

Koen ·

Maak vir jou man ‘n plakaat dat hy by megawatpark gaan betoog. Of is hy te lamsakkig om iets anders te doen as om te skreeu op sy vrou?

Republikein in die Wes Kaap ·

Swaer, bly uit ander mense se besigheid.

Delia ·

Ek is seker dis jou humorsin wat hier praat. As hy regtig dit doen, slaan hom met die pan.

Manie ·

Die minister van Elektrisiteit wat deur die president van Nutteloosheid aangestel is, kon nog niks met beurtkrag verligting uitrig nie, inteendeel, kenners reken SA het vanjaar al bykans dieselfde aantal beurtkrag ure moes deurstaan as die hele 2022. Opskud julle tweetjies wie se vanne beide met Ram begin.

Althes ·

Die enigste aksie wat ons sien, is loadshedding wat al hoe langer word.
Begrawe Eskom, hou ñ begrafnisseromonie en privatiseer dit. Onbevoegde kaders en te veel base skend ons regte as burgers.

Heinrich ·

Beurtkrag is die enigste dienslewering wat effektief gebeur.
Solank daar nog elektrisiteit te lewer is, is daar nog monde wat kan eet. Twyfel sterk of hy André se inligting deurgewerk het; sy taak is eerder om dié by die voertrog so lank moontlik daar te kan hou.

Johann ·

Nog ‘n plek en tyd vir ‘n RamaNocio kader om te lieg namens die ANC.

Ludwig Christian ·

Ek twyfel nie een sekonde daaroor dat ons net ʼn lys van beskuiligins en verskooning sal kry en weinig oplossings. Dit is nou belangrik om die regte politiese besluit te neem en nie interne ANC kader besluite nie…… maar nou ja, wat kan ons verwag?

Jaco ·

Maar die “wit, rassistiese verregse” De Ruyter is dan weg by eskom. Dan behoort beurtkrag mos nou baie minder te wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.