Rasmalheid bedreig duisende eiendomsagente se werk

Argieffoto (Foto: Tierra Mallorca / Unsplash)

Solidariteit waarsku teen grootskaalse werksverliese in die eiendomsektor indien streng rassereëls as voorwaarde vir die uitreik van getrouheidsfondssertifikate nie verhoed word nie.

Die Reguleringsowerheid vir Eiendomspraktisyns (PPRA) het skielik die vereiste van vlak 8-tellings vir swart ekonomiese bemagtig (SEB) vir ondernemings in die eiendomsektor aangekondig. Dit sal swart eienaarskap van meer as 50% van ondernemings vereis.

Verskeie lede van Solidariteit het sedertdien hulle vrees oor dié nuwe SEB-reëls uitgespreek – veral diegene wat kleinsakeondernemings of eenmansake bedryf.

Dié klein ondernemings verteenwoordig ʼn groot hoeveelheid van die ongeveer 40 000 eiendoms- en verhuringsagente in Suid-Afrika.

“Nagenoeg 30 000 van hierdie eiendomsagente is glo wit en alhoewel daar aangevoer word dat eenmansake nie uit die staanspoor geteiken word nie, is dit allermins gerusstellend komende van ʼn rasbehepte regering,” sê Renate Pieterse, netwerkkoördineerder van die openbare sektor by Solidariteit.

“Ondernemings sal beslis huiwerig wees om wit personeel aan te stel aangesien hulle nie die nodige SEB-punte sal kan ontvang nie. Ander ondernemings sal hulle tot afleggings moet wend om aan dié syfers te voldoen.”

Pietersê sê hierdie teikens is teenstrydig met die ooreenkoms wat Solidariteit in 2023 met die Suid-Afrikaanse regering gesluit het en wat later ook ʼn hofbevel gemaak is. Daarvolgens mag niemand op grond van hulle ras of weens rasplanne afgedank word nie.

Johan Roos, netwerkorganiseerder van die Solidariteit Kommunikasie- en Bemarkingsnetwerk, sê hierdie regulasies sal teengestaan word om Solidariteit-lede se werk te beskerm.

“Ons is uiters bekommerd oor hierdie nuwe regulasies en die bedreiging wat dit vir bestaande poste sal inhou. Sommige van die eiendomsagente is al vir dekades lank in hierdie bedryf en dit is dus hulle spesialisveld. Met hierdie rasmal reëls gaan ons nie net met méér werkloosheid gekonfronteer word nie, maar ons gaan ook onvervangbare ervaring en kennis verloor,” sê Roos.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Papsak ·

Moenie net waarsku nie mense staan op keer hulle wil nou wragtig alle wittes so uit werk die anc het net nie ore nie hulle sal nou aan gaan tot ons almal uit ons werke is en hulle kleur in is !!!!?!!

Hendrik ·

Dis tyd dat ons hulle aanvat met hulle eie speletjie. Ons moet aandring op BBEEE in ALLE ondernemings. Dus die ondernemings wat net uit swart bestaan moet wit, indiër en kleurling werkers ook hê. As ons dit doen word die blanke werkloosheid vinnig opgelos. As ek by Pumulani tolhek kom, wil ek een wit, een kleurling, een indiër, een gestremde, 5 vroue en res mans sien wat as kassiere werk. Sanral doen mos besigheid met die staat, dus moet hulle voldoen aan BBEEE. Die wet gaan nie net oor minimum swart werkers nie. Dit skryf voor wat die verhouding moet wees tussen die getalle.

Michael ·

Seb = rasisme =apartheid= misdaad teen die huidig benaadeelde minderhede.

Lettie ·

Een vraag aan ons hoog ag-eerde President. Are you from the rich or from the poor. Keep that in mind when you act on behalf of the poor.

Christo ·

Het Mr. Rammaparra dan nie gister kwytgeraak dat ons die Ras in enigiets moet inbring en nie die ekonomie moet opvoetter nie?

Jaco ·

Ek hou nie van die nuwe wet nie, maar ten minste sal dit my wit DA raadslid wat reeds swem in die geld uit sy raadslid-salaris, bietjie “aarde toe trek”: hy is deeltyds ‘n eiendomsagent terwyl hy ‘n raadslid is. Sover ek weet mag mense in sulke openbare” jobs nie ander werk ook hê nie. En dan is hy nogal in die hoogheilige DA met hulle “skoon regering”….

Di ·

Die huidige BEEE wette KAN NIE werk in SA. Daar is TE VEEL van een ras in die land om sulke kwotas voor te stel.

Althes ·

Die regering moet eerder sorg dat ekonomie gunstig is sodat werk geskep word in plaas van hul rasmalheid wat niks produktiefs inhou nie.
Gits wat keer swartmense om eiendomsagentskappe en besighede self op die been te bring? ! NIKS!

Sparky ·

Waarom teiken hulle die plus minus die 4 miljoen blankes.Wil jy nou vir my se dat hierdie land se bietjie wittes alles beheer,ek moet dan se ons doen n goeie jop teenoor die ander miljoene wat reeds werk.

Republikein in die Wes Kaap ·

Sparky, hulle wil wittes se historiese voetspore uitwis. Hoop jonges verkas buiteland toe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.