Paramedici moes Woensdagmiddag spook om by ʼn 42-jarige hyskraanoperateur, wat 50 m bo die grond in die operateurskapsule sy bewussyn verloor het, uit te kom.
Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het in die Kaapstadse middestad op ʼn konstruksieperseel plaasgevind.
“Werkers het radiokontak met die man verloor en het naderhand vermoed hy is bewusteloos. Paramedici is ontbied en by hul aankoms op die toneel ingelig dat die man steeds in die operateursboks van die hyskraan 50 m bo die grond vasgekeer was,” het Dollman gesê.
Volgens Dollman het die paramedici besef daar sal meer mannekrag en gespesialiseerde toerusting benodig word om die man te red en is die metro se reddingsdienste ontbied.
“Reddingswerkers het daarin geslaag om by die man uit te kom. Hy was in ʼn stabiele toestand. Die reddingswerkers het hom aan ʼn veiligheidsharnas vasgemaak en hom afgebring na veiligheid.”
Die man is onmiddellik per ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem. Dit is nie duidelik wat veroorsaak het dat die man sy bewussyn verloor nie.
Hy ly aan hoogtevrees.
Wat het hulle met sy Lunch gedoen ?
hahaha, Wag om te sien wat gaan die kommentare wees……
Dit is maar net hitte uitputting. Die son bak jou soos in ñ oond daarbo. MAAR. Hy moes dit geweet het. . Nouja.
Miskien het hy n uiltjie geknip