Regering wil 75% swart eienaarskap hê om waterlisensie toe te ken

(Argieffoto: Ingo Hamm/Unsplash)

Die departement van water en sanitasie se hersiene konsepregulasies oor watergebruiklisensies vereis dat ondernemings wat vir só ʼn lisensie aansoek doen, in die toekoms aandele van tot 75% aan swart Suid-Afrikaners moet toeken vir ʼn gebruikslisensie om toegestaan te word.

Die konsepregulasies is in die Staatskoerant vir kommentaar gepubliseer en die tydperk om daarop kommentaar te lewer verstryk op 18 Julie.

Die landbousektor is verantwoordelik vir ongeveer 60% van Suid-Afrika se algehele waterverbruik.

Agri SA sê indien die voorgestelde regulasies aanvaar word, sal dit ’n verwoestende uitwerking op voedselsekerheid en die volhoubaarheid van die kommersiële landbousektor hê.

“Die konsepregulasie kon nie op ʼn slegter tyd vir die sektor en ekonomie kom nie. Daar word reeds gesteier onder die impak van beurtkrag, landelike misdaad en verswakkende openbare infrastruktuur,” sê Janse Rabie, Agri SA se hoof van regsake en beleid.

“Om die fokus uitsluitlik op swart eienaarskap te plaas en alle ander relevante faktore uit te sluit, sal die verlies (of gedeeltelike verlies) van waterbronne vir talle lewensvatbare kommersiële boerdery-ondernemings beteken.”

Soortgelyke vereistes word ook voorgeskryf in die konsepregulasies van sogenaamde “stroomvloeiverminderingsbedrywighede”, wat van toepassing is op kommersiële bosbouplantasies. Die regulasies maak ook voorsiening vir hidroliese breking (fracking).

“Die voorgestelde regulasies is die departement se mees radikale en ingrypende poging tot nog om die demografie ten opsigte van watergebruik in Suid-Afrika te verander. Die landbou- en bosbousektore blyk die primêre teiken van die voorgestelde regulasies te wees.

“Dit is welbekend dat die departement verpligte lisensiëring van bestaande regmatige waterverbruik in die nabye toekoms beoog (’n feit wat deur regulasie 13 van die voorgestelde regulasies beklemtoon word).”

Rabie sê die konsepregulasies poog om die huidige reeks oorwegings wat van toepassing is op die toestaan van watergebruiklisensies slegs met eienaarskapdemografie te vervang.

“Ingevolge artikel 27 van die Nasionale Waterwet moet die departement minstens tien ander faktore in ag neem wanneer ʼn watergebruiklisensie uitgereik word. Dit sluit faktore in soos doeltreffende en voordelige gebruik van water in die openbare belang, sosio-ekonomiese impak en beleggings wat reeds deur ’n waterverbruiker gemaak is ten opsigte van die betrokke watergebruik.”

Die kwessie is in 2012 in die sogenaamde Goede Wellington-saak gepak toe die appèlhof beslis het dat al die toepaslike faktore vervat in artikel 27 van die Nasionale Waterwet, saam oorweeg moet word om te besluit of ’n aansoek om ’n watergebruiklisensie toegestaan moet word al dan nie.

“Agri SA erken dat water aan alle Suid-Afrikaners behoort en besef ten volle die belangrikheid daarvan om ʼn inklusiewe en redelik verteenwoordigende landbousektor in ons land te bereik. Die gevolge wat die konsepregulasies in hul huidige vorm met betrekking tot landbou en voedselproduksie in Suid-Afrika sal hê, sal egter noodlottig wees.

“Water is een van die kommersiële landbousektor se belangrikste insette. In wese bepaal die konsepregulasies dat die vermoë om aansoek te doen om water ingevolge lisensiëring wettig te mag gebruik, tot swart-beheerde entiteite beperk word.

“Wat dit betref, is dit ook onwaarskynlik dat hierdie regulasies die doelwit van verdere transformasie in die sektor sal bereik. Om dit te bereik sal ʼn ruimte geskep moet word wat bevorderlik is vir groei en belegging in die sektor, en wat betekenisvolle ondersteuning vir nuwe toetreders bied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Harley Davidson ·

Die pinkie is gegee nou gaan hulle vir die hele arm ,tyd om ‘n streep in die sand te trek en die plek ” ungovernable ” te maak soos met apartheid wat dieselfde prinsiep was.

Di ·

Het die RASMAL regering hulle varkies heentemal verloor? Genade, dinge ruk nou heentemal handuit.

Gertdup ·

Het hulle nou nog nie agtergekom dit WERK NIE! Kry die beste mense met die regte ondervinding en kwalifikasies! Dis mos nie so moeilik nie!

De Bok ·

“Agri SA erken … ʼn inklusiewe en redelik verteenwoordigende landbousektor in ons land”

Agri SA betoon lippe-diens aan die ideologie, maar wil graag die uitwerking van die ideologie kritiseer.

Gert ·

Die meeste mense dink die regering bring wetgewing in wat ons land vernietig omdat hulle dom is. Min mense besef dat alles wat die regering doen baie fyn beplan word, en dat daar ‘n duidelike doel is met die tipe wetgewing. Hulle wil ons ekonomie vernietig. Wat anders kan mens verwag van ‘n kommunis?

Republikein in die Wes Kaap ·

Jou teorie is skrikwekkend, maar moontlik. Vraag is, wie is almal betrokke? Dalk ook Afrikaners?

Miss J ·

Dis asof die ANC werklik alles in duie wil laat stort, sjoe mens kan amper nie dink hoekom nie? Maar as mens mooi kyk hoe kommunistiese denke werk, is dit presies hoekom. Solank jy beheer het oor alles en almal, en jy bly ryk en magtig, gee jy nie om oor jou land en sy mense

Hendrik ·

Al hd so genaamde nuwe wetgewing en voorgestelde wetgewing het maar alleen die doel en dit is om die privaatsektor sy mag te ontneem en hom oorheersbaar te maak. Swart bemagtiging is van meet af die doel. Dringend is dit nodig dat die privaatsektor tot die besef van symag sal kom en met meer agressie na vore sal tree. Die anc regering kan nie n enkele dag sonder die privaatsektor handhaaf nie. Die oorheersende stryd in SA is die stryd tussen kommunisme en die bestaande privaatsektor.
Identifiseer asb hierde omstandighede waarin ons vasgevang is !!!!!!!

Catherina ·

So……then…..just more corruption and nothing achieved. Will they never learn?

Althes ·

Vreemd dat die regering verantwoordelik is vir die armoede, werkloosheid, plundering van publieke fondse en dan arrogant is om 75% swart eienaarskap afdwing vir waterlisensies.
Daar is seker kaders wie al hande vryf vir dit.

Pieter ·

Baklei terug, dan moet die boere raskwotas op hulle produkte instel. 75% word uiteghou slegs vir blanke gebruik, en die oorblywende 25% , vir ander kleurigges . Verdomp, wat sal hulle nog aan dink om ons te verdruk in ons eie land?

Papsak ·

Hoekom kan daar nie 75%wit ook gekied word nie hulle sal weet wat om te doen wat weet hulle niks

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.