Lede van die publiek wat antwoorde op vrae rondom die onlangse Nkandla-uitspraak verlang, word genooi om die Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA) se blitsseminaar oor dié veelbesproke uitspraak eerskomende Donderdagoggend in Pretoria by te woon.
Die VRA hoop om tydens die seminaar antwoorde op die volgende vrae te verskaf:
- Wat behels die uitspraak?
- Hoe dapper was die hof?
- Bring die uitspraak ʼn kentering in die gehalte van regering in Suid-Afrika?
- Beteken dit ʼn kentering in die Suid-Afrikaanse politiek?
Sprekers by die geleentheid is dr. Llewelyn Curlewis en prof. Koos Malan. Curlewis is ʼn erelektor aan die Universiteit van Pretoria (UP) en het ook in 2014 as waarnemende regter in die hooggeregshof gedien en was in dieselfde jaar president van die Prokureursorde van Suid-Afrika. Malan is ʼn professor in publiekreg aan die UP. Sy navorsingsgebiede is die staatsregteorie, demokrasie en die grondwetlike akkommodering van minderhede.
Die gratis blitsseminaar vind Donderdag 7 April om 08:45 by Akademia in Von Willichstraat 284, Centurion, plaas. Besprekings moet teen Woensdag 6 April om 11:00 by [email protected] gedoen word. Plaas Nkandla-blitsseminaar in die onderwerpveld. Vir meer inligting skakel Moira-Marie Kloppers by 082 480 3338.
Hoe is dit moontlik dat die president NIE sy ampseed verbreek het nie???