Renosterstropers swaar gestraf

George Muyanga (50). (Foto: Verskaf)

Drie renosterstropers sal van 25 tot 33 jaar tronkstraf moet uitdien nadat hulle verlede jaar renosters in die Krugerwildtuin doodgemaak en ses horings gesteel het.

Lowrene Makamu (28), George Muyanga (50) en Nuru Burros (24), al drie Mosambiekse burgers, is Dinsdag in die Skukuza-streekshof in Mpumalanga gevonnis.

Volgens brig. Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder, spruit die vonnisse uit ʼn voorval wat in Julie verlede jaar by Krokodilbrug in die Krugerwildtuin plaasgevind het.

“Wildbewaarders het inligting ontvang dat toeriste geweerskote noord van die Afsaal-piekniekgebied gehoor het.

Lowrene Makamu (28). (Foto: Verskaf)

“’n Soekspan en helikopter is geaktiveer en ʼn snuffelhond is ook ingebring om die verdagtes vas te trek. Die spanne het op vars renosterkarkasse en menslike voetspore afgekom. Die wildbewaarders in die helikopter het die verdagtes opgemerk en bykomende hulp ingeroep om hulle vas te trek.”

Mohlala sê twee helikopters het ʼn paar meter van die verdagtes af geland en hulle in ʼn hoek vasgekeer.

Nuru Burros (24). (Foto: Verskaf)

Die verdagtes het ʼn jaggeweer, ʼn knaldemper, ses vars renosterhorings (drie voorhorings en drie agterhorings) en drie groot jagmesse in hul besit gehad. Lede van die Skukuza-polisie is ontbied en die verdagtes is inhegtenis geneem en aangekla.

Hulle is al drie skuldig bevind en onder meer die volgende vonnisse opgelê:

  • Twee jaar vir die onwettige betreding van die Krugerwildtuin;
  • Een jaar vir die oortreding van die Immigrasiewet;
  • Vyf jaar vir die besit van ʼn onwettige vuurwapen;
  • Vier jaar vir sameswering;
  • Tien jaar vir die stroping van ʼn swartrenoster;
  • Vyf jaar vir die stroping van ʼn witrenoster;
  • Twee jaar vir die besit van ammunisie;
  • Een jaar vir die onwettige besit van ʼn gevaarlike vuurwapen.

Makamu en Burros sal vyf van hul vonnisse gelyklopend uitdien omdat dit hul eerste oortredings is. Hulle sal altesaam 25 jaar agter tralies deurbring. Muyanga is ʼn gereelde oortreder en sal 33 jaar tronkstraf moet uitdien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Koos 100 ·

Presies my heel eerste gedagte. SA is ‘n paradys vir onwettige en moontlik wettige uitlanders. Ons krag is op, water ek kos voorsiening word bedreig en dan moet ons nog ons “brothers” onderhou.

Di ·

Hierdie skuim wat oor die grensposte stroom is besig om ons wild uit te roei in SA. Hoop hulle kry wat hulle toekom in die tronk, KARMA

Eugene ·

Vonnisse moes 3 x lewenslank gewees het. Hierdie stropery moet nou entkry

Kirst ·

Dis wonderlik dat hulle gevang is en swaar gestraf is. Net jammer ons moet vir hulle verblyf en kos betaal. Die feit dat die oudste ‘n gereelde oortreder is, is ook kommerwekkend. Waarskynlik op parool gewees.

Johannes ·

Voniise moet verdubbel word. Geen vonnisse moet gelyktydig uitgedien word. Geen afslag vir kamtige goeie gedrag. Hulle moet in afsondering aangehou word en elke dag harde arbeid (klippe kap) doen.

Papsak ·

Bring DOODSTRAF terug luister en die dinge sal stop hulle vir niks meer bang nie luister

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.